Daar is Altyd Hoop

Gary Wilkerson

Party dinge in die lewe is heeltemal buite ons beheer. Byvoorbeeld, jy kan nie ‘n verlore kind terugbring en hom dwing om terug te keer na sy verhouding met Christus nie. Dit maak nie saak hoeveel jy vas en sy naam voor God uitroep nie, die besluit is syne. Verskeie ander dinge in die lewe verteenwoordig soortgelyke uitdagings maar as jy die Een ken wat berge kan versit, is daar altyd hoop.

Die wonderlike ding rakende die lewe in Christus, is dat ons betrokke raak by wonderlike dinge wat ons nie op ons eie kan doen nie. Trouens, Jesus roep ons om saam met Hom deel te hê aan wat ons nie vir onsself kan doen nie: sien hoe verlore geliefdes tot geloof kom; sien hoe gebroke huwelike herstel en genees word; sien hoe ongeredde mense in ons gemeenskap gered word van ‘n hopelose ewigheid. Deur ons geloof in Jesus, kan ons dinge beleef – en selfs deelneem aan – dinge wat deur sy krag, majesteit en gesag verrig word.

In Hebreërs 11, is daar ‘n lys van Bybelse figure wat God behaag het: Abraham en Sara, Isak, Dawid, Samuel en ‘n leërskare ander. Hulle word geprys, nie vir hulle talente of prestasies nie, maar omdat hulle God vertrou het om te doen wat ver bo hulle vermoëns was. Saam bestaan hulle uit “’n groot wolk van getuienis van die geloofslewe” (sien Hebreërs 12:1)

Om daardie lewe van geloof te bereik, word ons aangemoedig om elke las neer te lê wat ons verhoed om te vertrou (12:1). Talle Christene word neergetrek deur ongeloof omdat hulle meer na hulle omstandighede kyk as na die God wat alle omstandighede beheer. Wees verseker dat dit wat God belowe het, nooit verydel kan word nie.

Toe God vir Abraham belowe het dat hy die vader van alle nasies sou wees, het Abraham geweet dat hy en sy vrou Sara te oud was om kinders te hê. Tog het “hy ... nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie” (Romeine 4:20). Trouens, volgens die Woord van God, het sy geloof selfs sterker geword. Hoe meer Abraham gedink het, “Ek kan dit doen,” hoe sterker het sy geloof in God se vermoë geword. En deur die dood van sy vlees het ‘n krag gekom wat nie uit homself was nie – die krag van die Heilige Gees.

Ons word almal geroep om vir Christus se koninkryk te doen wat ons kan – en meer. Om God se doel in jou lewe vervul te sien, vra Hy net dat jy Hom moet vertrou deur ‘n lewe van geloof te leef. 

Tags