Die Krag van die Heilig Gees in Jou Lewe

Jim Cymbala

Die Heilige Gees is word te min waardeer en te min oor gepreek in die een-en-twintigste-eeu-kerk. ‘n Soort vooroordeel rakende die Heilige Gees keer dat baie van Hom hoor. Trouens, die liggaam van Christus word dikwels in twee dele verdeel. Een kant beklemtoon die Woord van God en distansieer homself van dít wat beskou word as die emosionele fanatisisme wat dikwels verbind word met diegene wat die werk van die Heilige Gees beklemtoon. Die ander kant is dikwels bekend daarvoor om te dwaal met onbybelse manifestasies en onortodokse lering terwyl dit alles toegeskryf word aan die Gees van God.

Omdat hulle die misbruik en swak lering sien, sal talle aan die eerste kant sal sê, “Ek is nie geïnteresseerd in ervarings en manifestasies van die Heilige Gees nie. Ek wil net die Woord bestudeer.” Maar dit was die Heilige Gees wat die Bybel geïnspireer het, en daar is baie beloftes rakende sy persoon en werk. Hoe kan enigeen God se Woord dierbaar hou sonder om die Heilige Gees sy regmatige plek te gee?

Diegene wat in die kringe beweeg wat die Heilige Gees sterk beklemtoon, moet onthou dat alles getoets moet word teen die Skrif. Die Gees weerspreek nooit die Woord wat Hy vir ons gegee het nie. Hy plaas ook nooit die fokus op die prediker nie omdat die Heilige Gees gestuur was om Christus alleen te verheerlik (Johannes 16:14).

Iewers in die middel is die soort Christenskap wat ons in die Skrif sien waar die Woord van God eerbiedig word saam met ‘n kinderlike afhanklikheid en openheid vir die Heilige Gees.

Slegs die Heilige Gees kan die dinge van Christus vir mense werklik en lewend maak. Christenskap stop nie by die kruis waar Jesus gesterf het en die prys vir ons sondes betaal het nie. Ná Goeie Vrydag was Opstandingsondag toe die Gees Christus opgewek het.

“En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie” (Johannes 7:37-39).

Alles rakende die Gees spreek van kragtige lewenstrome wat verkwik en uitvloei na ander. Mag die Heilige Gees op ons neerdaal, want ons is werklik hulpeloos sonder Hom.                                         

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.