Die Vader Sorg Dat Jy Groei

Gary Wilkerson

“Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote” (Johannes 15:1-5).

Tydens Jesus se laaste nag saam met die dissipels, nadat hulle nagmaal gehad het, het Hy hulle gevra om saam met Hom te gaan sodat Hy een laaste lering aan hulle kon meedeel, “Staan op, laat ons hiervandaan weggaan” (Johannes 14:31). Terwyl hulle geloop het, het Jesus ons verhouding met Hom en die Vader opgesom. Die wynstok is Jesus – die bron van alle lewe wat in ons vloei – en ons is die lote wat uit Hom groei. Ons hemelse Vader hou toesig oor hierdie lewensvloei en Hy is die landbouer wat sorg dat ons groei. Kan daar enige duideliker beeld van ons lewens in Christus wees?

Wat egter ook in hierdie analogie ingebed is, is ‘n ander soort beeld: “Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg” (Johannes 15:2). Baie Christene deins terug as hulle hierdie vers lees; niemand hou van die gedagte om “weggeneem” te word deur God nie. Herdie vers het genoeg rede om vas te hou aan ‘n prestasiegedrewe godsdiens, ‘n stelsel waarmee hulle kan meet of hulle wel vrug dra of nie.

Ons deernisvolle, liefdevolle Here, is egter meer as ‘n lewensbron vir ons – Hy is dié lewensbron. Ander “wynstokke” mag miskien lewe belowe, maar nie een daarvan bevat ware lewe soos Hy nie. Christene kan dalk lewe soek by ander bronne wat goed en geldig lyk – ambisie en strewe, sukses en gemak – maar hierdie wynstokke is in hulleself leweloos. Jesus wil hê dat ons diep in Hom ingeënt sal wees sodat ons elke dag diep van sy oorvloedige lewe kan drink.

Die tuinier, ons hemelse Vader, sorg vir sy tuin met liefde, op die perfekte manier en stel die regte dinge in plek wat hulle kan laat groei. Maar die goeie tuinier, snoei ook – en dit kan pynlik wees. Jesus maak dit egter baie duidelik dat as ons in Hom bly, sal die snoeiwerk heerlike vrugte voortbring wat nie op hulle eie geproduseer kon word nie.

Jesus het vir sy dissipels hierdie pragtige afskeidsboodskap gegee: “Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word” (Johannes 15:11).