Hoe dit Lyk om ‘n Vyand Lief te Hê

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar julle moet julle vyande liefhê ... sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees ... want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes. Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is ... Spreek vry, dan sal julle vrygespreek word. Gee, en aan julle sal gegee word ... want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word” (Lukas 6:35-3).

Volgens Jesus, is ‘n vyand iemand wat jou vervloek, jou haat of vervolg (sien Mattéüs 5:44). Volgens sy definisie, het ons vyande, nie net in die wêreld nie maar soms in die kerk. Paulus het gesê, “Beklee julle dan ... met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar” (Kolossense 3:12-14).

Verdra en vergewe is twee verskillende sake. Verdra beteken om alle dade en gedagtes van wraak te verwerp. Dit sê, “Moenie sake in jou eie hande neem nie. In plaas daarvan, verdra die onreg. Lê die saak neer en laat dit vaar.”

Saam met verdra, moet ons uit die hart vergewe. Dit sluit twee ander gebooie in: jou vyande liefhê en vir hulle bid. Jesus het nooit gesê dat die werk van vergifnis maklik sou wees nie. As Hy gebied, “Wees lief vir jou vyande,” beteken die Griekse woord vir “liefde” nie toegeneentheid nie, maar “sedelike begrip.” Eenvoudig gestel, om iemand te vergewe, beteken nie om menslik toegeneentheid op te wek nie; liewer, dit beteken om ‘n morele besluit te neem om haat uit ons harte te verwyder.

Toe Saul Dawid agtervolg het met die doel om hom dood te maak, het Dawid ‘n geleentheid gehad vir maklike wraak toe hy sy agtervolger aan die slaap in ‘n grot gekry het waarin Dawid self weggekruip het. Dawid se manne het hom aangepor, “Dit is God se werk! Hy het Saul in jou hande oorgegee, so maak hom nou dood en wreek jouself.” Maar Dawid wou nie; in plaas daarvan, het hy ‘n stuk van Saul se kleed afgesny sodat hy later kon bewys dat hy hom doodgemaak het.

Sulke wyse optredes is God se manier om ons vyande te beskaam. Dit was die geval toe Dawid vir Saul die stuk van sy kleed gewys het.

“Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen terwyl ek aan jou kwaad gedoen het” (1 Samuel 24:18). As gevolg van Dawid se optrede, het Saul se bitter hart teenoor Dawid versag.

Dit is die krag van vergifnis: dit beskaam haatdraende vyande, omdat die menslike hart nie ‘n suiwer liefdevolle reaksie kan begryp nie.