Belas met Ernstige Smart

David Wilkerson (1931-2011)

Niks raak die hart van God meer aan as die siel wat met smart oorweldig is nie. Smart word gedefinieer as “innige droefheid” of “hartseer veroorsaak deur uiterste nood.” Jesaja sê vir ons dat die Here self bekend is met hierdie uiterste skokkende emosie: “Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid” (Jesaja 53:3).

Selfs tydens oordeel, ly God smarte oor sy kinders. Die Psalmdigter maak ‘n ongelooflike stelling insake Israel: “Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede. En Hy het hulle medelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het” (Psalm 106:45-46). As God sien dat sy kinders ly, is Hy nie net bedroef oor hulle nie, Hy maak dat hulle vyande hulle jammer kry!

Miskien het jy las van een of ander ernstige smart. Dit kan ook iemand wees wat jy liefhet wat ly, in die moeilikheid is, of hartseer is. Dit kan ‘n seun of dogter wees wat afvallig is en stadig in die dood van sonde wegsink. Of dit kan ‘n geliefde wees wat ‘n ernstige, dreigende finansiële krisis beleef. Jesus Christus het medelye met jou smart.

Dit is wonderlik om Jesus te hê wat saam met ons deur ons lyding gaan; maar selfs wanneer ‘n wonderwerk op pad is, kan daar vertragings wees. Beskou die vrou wie aan chroniese bloeding gely het en die soom van Jesus se kleed aangeraak het. Vir twaalf jaar het sy onophoudelik gebloei en sy het letterlik ‘n stadige dood gesterf. Lukas, ‘n geneesheer, het geskryf dat sy “haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie” (Lukas 8:43)

“[Die vrou] het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou ... Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het” (8:44-46). Jesus het hierdie vrou se lyding gevoel en Hy het haar nood aangespreek toe sy na Hom uitgereik het!

Dit is jammer dat menigtes mense vandag presies doen wat hierdie vrou gedoen het – van plek na plek gaan om antwoorde te kry. Hulle verduidelik hulle probleem oor en oor en hoop hierdie keer sal hulle verligting kry. Al wat hulle wil hê, is dat iemand die bloeding in hulle harte sal stop.

Toe die vrou wat gely het na die mens Jesus uitgereik het en aangeraak is, bloot deur kontak te maak met die soom van sy kleed, was sy onmiddellik genees! Die deernis van Jesus het na haar uitgestroom en haar gesond gemaak.