VOEL JY LEEG EN BEKOMMERD?

David Wilkerson (1931-2011)

As jy al ooit tye gehad het waarin jy terneergedruk en bekommerd gevoel het, dan is Psalm 77 vir jou geskryf. Die skrywer van hierdie psalm, ‘n man genaamd Asaf, was ‘n Leviet van priesterlike afkoms in Israel. Hy was ook ‘n sanger en het as Dawid se koorleier opgetree. Asaf het altesaam elf psalms geskryf en hulle was vol regverdige voorskrifte vir God se volk.

Asaf het Psalm 77 geskryf nadat hy in ‘n aaklige put van wanhoop verval het en sy toestand het so versleg het dat hy ontroosbaar was: “My siel weier om getroos te word” (Psalm 77:3). Maar Asaf was egter ‘n biddende man. Ons sien dit in dieselfde psalm waar hy getuig, “My stem is tot God en ek roep...dat Hy na my kan luister” (Psalm 77:2). Ek is seker dat Asaf Dawid se baie soortgelyke getuienis in Psalm 34, gehoor het: “Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep” (34:16).

Asaf het Dawid se aangrypende storie geken van hoe hy na Gad gevlug het om Saul se toorn te ontvlug. Hy het so ‘n mislukking gevoel, dat Hy tot God uitgeroep het in sy angs en heeltemal verlos is. Trouens, God het ‘n lied in Dawid se hart geplaas. In Psalm 40 het Dawid ‘n nuwe lied van geloof geskryf wat sekerlik sy weg tot in die hande van Asaf gevind het as ‘n getuienis: “Hy...het my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging...opgetrek en my voete op ‘n rots gestel” (40:1-2).

Beskryf Asaf se storie jou eie geestelike stryd? Hierdie goddelike, biddende, getroue man het depressie beleef en dit het gelyk of daar geen uitweg is nie. Maar hy het tot die gevolgtrekking gekom, “God se weë is onbekend. Ek weet nie waarom Hy toelaat dat ek deur soveel moedeloosheid gaan nie, maar ek kan juig dat Hy my vrygemaak het.”

Dawid het gesê, “Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered” (Psalm 34:5). Waarlik, die Heilige Gees sal jou vertroos in jou donker tye en jou help om jou blydskap, vrede en rus terug te kry as jy Hom soek.