EENSAAMHEID IS UNIVERSEEL

Nicky Cruz

Ons moet onderskei tussen alleenheid, eensaamheid en afsondering. Alleenheid is ‘n toestand van fisiek afgeskei te wees van ander mense. Soms is familie, vriende en ander mense uit ons teenwoordigheid uit, maar net omdat ons alleen is, beteken nie noodwendig ons is eensaam nie. Ons aanvaar bloot hierdie tye en besef dat die lewe nie altyd vol mense kan wees nie.

Eintlik, kan ons baie uitrig wanneer ons alleen is. Ons kan tyd alleen saam met God deurbring en ons gemeenskap met Hom verdiep. Die Psalmis Dawid het geskryf: “Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil. Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie” (Psalm 62:2-3).

Eensaamheid is die een belewenis wat die algemeenste vir almal van ons is, maar dit word meestal verkeerd verstaan” (Ina J. Tanner, Lonelinees: The Fear of Love). Eensaamheid is universeel; elke lewende mens beleef dit in ‘n sekere mate. Jy sien, eensaamheid word nie veroorsaak deur ons omstandighede nie, maar is ‘n ingesteldheid. Dit is ‘n gevoel dat niemand en niks reageer op ons innige smagting na ondersteuning en liefde nie.

Ek dan het ons afsondering, die daad van doelbewuste onttrekking van ander met die doel om alleen te wees. Dit is die tyd wanneer ons geestelik verkwik en emosioneel herstel kan word – ‘n tyd van vernuwing en kreatiwiteit. Jesus self het hierdie tye van eensaamheid met Sy hemelse Vader nodig gehad. “En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen” (Matthéüs 14:23).

Die oppervlakkigheid wat die hedendaagse Christen kenmerk, is grootliks as gevolg van die gebrek aan afsondering. Ons jaag hierheen en daarheen na konserte, saamtrekke, Bybelstudies, veldtogte, ontspanningsplekke, konferensies, en dienste van allerhande beskrywings en ons dink ons “beker word vol” – terwyl ons heeltyd wonder waarom ons so leeg en, ja, eensaam voel, selfs te midde van ‘n skare mense. Maar Jesus het gesê, “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matthéüs 11:28).

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.