DIE PRYS IS DIE MOEITE WERD

David Wilkerson (1931-2011)

“Laat ons ... met volharding die wedloop loop wat voor ons lê” (Hebrews 12:1). Die woord wedloop, dui op kompetisie. God se kinders word vergelyk met atlete in ‘n langafstand wedloop, wat om ‘n prys meeding – die prys is ‘n heerlike openbaring van die kennis van Jesus Christus.

Ons bederf die wedloop na die ewigheid wanneer God se kinders met mekaar meeding om sukses, voorspoed en eer. Christus word dan niks meer as die borg nie, omdat al die atlete daarop aanspraak maak om in sy Naam mee te ding.

“Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry” (Filippense 3:8). Daar was ‘n tyd toe die wedloop nie vir die vinniges of voorspoediges was nie, maar eerder vir die nederiges en swakkes. Hierdie wedloop het vervolging, ontbering, hardheid en martelaarskap ingesluit. Waarom het hierdie atlete deur soveel onrus en lyding gegaan eerder as om uit te val? Bloot omdat die prys vir hulle alles werd was. Hulle wou niks anders as Christus hê nie!

As geloof beloon word met enigiets minder as die prys van ‘n hoë roeping in Christus Jesus, is dit nie die moeite werd om daarvoor te kompeteer nie. Die wenner van hierdie wedloop is die kind van God wat niks anders as meer van Jesus wou hê nie, en die dinge van hierdie wêreld aan die voete van die kruis gewerp het as waardelose vuilgoed.

Die Christen wat die kompetisie vir wêreldse dinge en applous laat vaar, sal ontdek wat dit beteken om vergenoeg te wees. In die hele geskiedenis, het slegs diegene wat geleer het om die wêreld en alles wat daarin is te verwerp ware geluk ontdek. Een so ‘n mens het gesê, “Ek het nooit geweet wat dit beteken om gelukkig te wees nie totdat ek opgehou het om te streef om uitmuntend te wees.”

Vra die Here vandag om jou aandag te herfokus sodat jy die waardige prys van die kennis van Jesus Christus sal wen.