GEE SEERGEMAAKTE GEVOELENS AAN GOD OOR

David Wilkerson (1931-2011)

“Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei” (1 Petrus 2:1-2).

Moenie God blameer omdat Hy nie na jou gebed luister as jy ‘n wrok teen ‘n ander mens in jou hart het nie. Christus het duidelike riglyne vir ons uitgestippel – Hy sal nie met iemand handel wat ‘n toornige en onvergewensgesinde gees het nie. Ons moet sulke gesindhede “aflê.” God se wet van gebed is duidelik oor hierdie saak: “Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis” (1 Timótheüs 2:8).

Het jy harde gevoelens wat in jou hart smeul? Moenie daarna kyk asof dit iets is wat jy ‘n reg het om aan toe te gee nie. God neem sulke dinge baie ernstig op en al die onenigheid en wrywing onder Christen broers en susters moet sy hart meer bedroef as al die sondes van die goddeloses.

As jy dink jou gebed mag verhinder word, wees seker jy smeul nie oor jou seergemaakte gevoelens of mishandeling van ander nie. Satan por Christene slim aan om meer sensitief te wees vir hulle emosies as wat hulle is vir die stem van die Gees. Dit kan ly tot ‘n gees van wraak waar daar ‘n gees van vergifnis en liefde moet wees. Ja, selfs diegene wat jou die diepste seermaak, verdien vergifnis in die Naam van Christus.

Moenie rondgaan en toegee aan gevoelens van seerkry en wraak en dan in die binnekamer van gebed inhardloop in die nag en ‘n wonderwerk van verlossing verwag nie. Jesus het gesê om te bid, “Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe” (Matthéüs 6:12).

Die tyd is kort en die dag van die Here is naby. Lê jou hart daarop toe om die woorde van die profeet Miga te volg: “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:8).