Die Volmaakte Werk van Geloof

David Wilkerson (1931-2011)

Die duiwel geniet dit om vir jou te sê dat jy niks werd, nutteloos en swak is. Hy sê vir jou dat jy ‘n volslae mislukking is en nooit aan God se standaarde sal kan voldoen nie. Boonop, wil hy jou oortuig dat God vir jou kwaad is.

Dit alles is leuens wat reguit uit die put van die hel kom! Die vyand van jou siel is vasbeslote om jou verhouding met jou hemelse Vader te ondermyn en jou van die doel waarvoor jy geroep en gesalf is, te laat afsien. Aangesien jy weet dat Satan ‘n leuenaar is, laat ons na bewyse kyk dat Jesus jou waardig gemaak het deur sy offer aan die kruis.

“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die velossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes” (Kolossense 1:13,14).

Die Vader het ons bekwaam, waardig en bevoeg in karakter gemaak om “deelgenote van die erfdeel van die heiliges” te wees. Wat Jesus aan die kruis gedoen het, maak jou bekwaam vir die ewige erfenis, en as God jou bekwaam gemaak het vir jou ewige lewe, sal Hy jou ook bekwaam in karakter maak.

Jy kan nie die geregtigheid van Christus verkry deur daarvoor te werk nie, maar jy kan dit verkry deur daarin te glo en God daarvoor te vertrou! Nie net word jy gered deur geloof nie, maar jy word geheilig deur geloof, geregverdig deur geloof, genees deur geloof, bewaar deur geloof. Dit alles gebeur deur geloof in dit wat die Saligmaker gedoen het.

Moenie die fout maak om na Satan se leuens oor jou wandel met Jesus te luister nie. Jy is werklik waardig as gevolg sy offer; sy liefde is tot in ewigheid! Jy kan voor die hele hemel en die aarde staan met volle versekering en vertroue.

Tags