Aangespoor tot Liefde

David Wilkerson (1931-2011)

Die meeste preke oor Pinkster fokus op die tekens en wonders wat deur die apostels gedoen is, of die 3,000 siele wat gered was in een dag, of die verdelende tonge van vuur wat verskyn het. Maar ons hoor nie van een gebeurtenis wat die grootste wonder van alles geword het nie. Hierdie gebeurtenis het menigtes teruggestuur na hulle lande met ‘n duidelike, onmiskenbare indruk van wie Jesus is.

Oornag, het duisende te-koop bordjies voor huise regdeur Jerusalem en die omliggende gebied verskyn. Die Skrif sê, “En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het ... Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê. En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het” (Handelinge 2:44-45; 4:34-35).

Dink aan die toneel in Jerusalem! Menigtes huise, erwe en lanbougrond is skielik verkoop, sowel as huishoudelike goedere soos meubels, klere, gereedskap, potte en panne en kunswerke.

Toeskouers moes vra, “Wat gaan aan? Weet hierdie mense iets wat ons nie weet nie?” Enige gelowige sou reageer, “Nee, ons is volgelinge van Jesus en toe ons ons harte vir die Messias gegee het, het sy Gees ons verander. Nou doen ons die werke van God en samel geld in vir die armes en hulpeloses.”

Hoe het die Heilige Gees hierdie skielike verandering van hart teweeggebring in pas gedoopte gelowiges in Jerusalem? Dit was omdat hulle harte aangespoor was deur die woorde van Jesus: “Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom” (Matthéüs 25:35-36).

Hierdie gelowiges het geweet dat hulle nooit weer op dieselfde manier sou kon lewe nie. Skielik het hulle gesien hoe ernstig hierdie saak van die voorstelling van Christus waarlik is en dit het hulle in hulle huise ingedryf om alles te vind wat hulle nie nodig gehad het nie en dan daardie goedere na die strate te neem om te verkoop. Eenvoudig gestel, Christus se Woord het hierdie gelowiges ‘n nuwe gesindheid van liefde en besorgdheid vir die armes gegee.

As jy uitroep om God se aanraking en graag ‘n nuwe passie vir Jesus wil hê, sal jy op ‘n wonderlike reis geneem word deur die Heilige Gees. Op een of ander stadium op daardie pad, sal jy die uitdaging van Jesus om vir ander te sorg, teëkom.