Die Christen se Onontbreeklike Wapen

Nicky Cruz

Die wyse om kragtig en effektief te wees, is deur vurige gebed. Die nag toe Jesus in gebed geworstel het met sy opdrag om aan die kruis te sterf, kon sy dissipels nie hul oë oophou nie, en nog minder Hom in gebed ondersteun. Daarom het Jesus vir hulle gesê: “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak” (Matthéüs 26:41).

Gebed is ‘n fundamentele, onontbeerlike wapen in ons stryd teen bose geestelike magte. In die boek Jakobus, lees ons “die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (5:16). ‘n Eenvoudige gebed kan die magte van die hemel byeenbring om ons teen skade te beskerm. Deur gebed verkry ons die krag en kennis wat ons nodig het om versoeking te oorwin, God se wil te onderskei of enigiets anders te ontvang wat ons nodig het. God gee bonatuurlike wysheid en krag aan diegene wat op Hom vertrou en dit is wat Hy graag wil doen.

Dit is hartseer as gelowiges gebed sien as niks anders as die voordrag van ‘n wenslys of ‘n laaste oproep om hulp nie. Soveel mense bring hulle gebedstye deur om God te smeek vir dinge wat hulle wil hê en om hul selfsugtige begeertes te vervul. God belowe nie om hierdie soort gebede te verhoor nie. Maar as ons bid volgens sy wil en vir wat ons regtig nodig het om die koninkryk te bevorder, verhoor Hy.

Wanneer ons in God se wil beweeg, kan ons Hom vertrou om deure vir ons oop te maak – om ‘n weg te maak en ons te lei terwyl ons verder gaan. Ons kan sy voortdurende teenwoordigheid ervaar terwyl ons ons daaglikse take uitvoer. Hy is daar om ons deur persoonlike krisisse te help: finansiële aanvalle, siekte en soveel meer. Ons kan altyd gerus wees dat Hy ons nooit alleen sal laat of sal verlaat nie.

Vurige gebed is ‘n lewensstyl van na God gaan met alle behoeftes en bekommernisse en vrae, en dan te leer om gehoorsaam te wees wanneer ons ervaar dat Hy verhoor. Dit is om God te vra vir rigting voordat ons beweeg en dan in die rigting te gaan wat Hy aandui. Ek is oortuig daarvan dat as ons dit doen, as ons ons lewens met ernstige wysheid leef en probeer om te beweeg in die rigting waarin Hy lei, dan sal God, selfs al neem ons van tyd tot tyd die verkeerde pad, dit uiteindelik regstel.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.