Spesiale Guns

Almal wil spesiaal wees. Die wêreld weet dit en besighede maak wins daaruit. Dit is waarom ons verskillende vlakke van “spesiaal wees” aangebied word om sake met hulle te doen. Hotelle, lugrederye en ander gebruik goue, silwer en brons vlakke om deelnemende lede aan te por. Hoe meer jy hulle diens gebruik, hoe hoër word jy opgeskuif in lidmaatskap, met allerhande soorte gunste as afslag en belonings. Hulle laat jou spesiaal voel omdat jy kies om met hulle sake te doen.

Daar is ‘n ander soort spesiale guns wat ons kan ontvang; dit is op ‘n baie meer persoonlike vlak. Dit is die spesiale guns wat betoon word deur vriende wat die ekstra myl vir ons loop. Ek het hierdie soort guns ‘n paar jaar gelede nodig gehad toe ek my rug gebreek het en vir ‘n rukkie magteloos was. Skielik was ek en my gesin in groot nood.

Dit is toe dat ‘n jong paartjie wat in ons bediening werk, ingetree het. Hulle het werklikwaar in ons huis ingetrek om ons lewens makliker te maak. Hulle het vir ons na die kruideniersware winkel gegaan, vir ons gekook en vir ons skoongemaak. Huishoudelike take lyk onbenullig wanneer ‘n mens dit self kan doen, maar dit lyk baie oorweldigend wanneer jy nie kan nie. Deur hierdie dinge vir ons te doen, het hulle ons gesin gehelp om deur ‘n ontsettende moeilike tyd te gaan. Kan jy jou indink hoeveel liefde dit verg?

Hierdie jong paartjie het ons geseën met ‘n toewyding wat ons nooit sal vergeet nie. Wat hulle aan ons bewys het, was spesiale guns. God wys egter aan sy kinders ‘n soort guns wat selfs meer spesiaal is as dit.

Paulus het die Filippense laat kennis maak met die konsep van God se “spesiale guns.” “Omdat ek juis hierop vetrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade  [spesiale guns van God] is(Filippense 1:6-7, my beklemtoning).

Enigeen wat hierdie gedeelte sou lees, sou dink, “Sit my op hierdie lys! Dit klink na God se goue pakket. Ek wil die beste van alles hê wat Hy vir my het.”

Die Here se guns verskil egter baie van die wêreld s’n, soos Paulus dit uitwys waar hy die laaste vers afsluit: “Aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade [spesiale guns van God] is” (Filippense 1:7).

Wag, wat? Aan Paulus was God se spesiale guns betoon deur hom tronk toe te stuur? Hoe kon dit guns openbaar om geboei en stilgemaak te word? Paulus het vir duisende gepreek, skares op hulle knieë sien neerval en uitroep om saligheid. Hy het voor konings en regters verskyn en ‘n persoonlik openbaring ontvang van Jesus. Dít is hoe guns klink. So, hoe word dit spesiale guns om daarvandaan af te daal tot in ‘n tronksel?

Teen alle rede in, beskryf Paulus sy situasie asof dit ‘n goue-vlak klublidmaatskap is. En hy het die Filippense bedank vir hulle ondersteuning in sy gevangenskap, op die manier wat daarop die spesiale jong paartjie my in my beproewing bygestaan het. Jy sien, wat Paulus hier beskryf, moet deur ‘n geestelike hart oorgebring word. Hy wys vir ons dat God ons heel waarskynlik by ongewone plekke sal uitbring wanneer Hy ‘n spesiale koninkrykswerk in ons lewens wil doen.

Paulus het geweet God se guns is op ons, nie net wanneer dinge goed gaan nie.

Die teenoorgestelde kan trouens waar wees. Soms is dit wanneer die lewe die moeilikste is dat God sy grootste werk in ons doen. Ek het ‘n vriend wat op die aanbiddingspan was van ‘n kerk wat ek eens gelei het. Toe ‘n jong vrou daarheen begin gaan het, het my vriend smoorverlief geraak op haar. Sy was slegs vir ‘n kort rukkie ‘n Christen en het ‘n rowwe agtergrond gehad. Maar my vriend het verlief geraak op haar en hulle het op die ou end getrou. Die drome wat hy vir so lank in sy wandel met Jesus gehad het, het waar geword. Keer op keer het hy vir my gesê, “Gary, ek is so geseënd met haar. Die guns van God is oor my.”

Maar hulle huwelik het agteruitgegaan. Die vrou het teruggekeer na haar ou lewenstyl en het dieper in verslawing verval totdat sy my vriend uiteindelik verlaat het. Hy was verpletter, ontroosbaar – nie net oor die vrou wat hy verloor het nie, maar ‘n gevoel dat hy God se teenwoordigheid verloor het. “Ek het gedink ek het sy leiding gevolg toe ons getrou het,” het hy vir my gesê. “Ek weet nie wat om nou te dink nie.”

Terwyl my vriend deur daardie beproewing gegaan het, kon hy homself gewend het tot ‘n lering waaraan talle hartseer Christene vasklou. Dit sê, “Moenie bekommerd wees nie, alles sal regkom. God sal dit alles vir jou laat uitwerk.” Dit maak my kwaad wanneer ek hoor hierdie boodskap word verkondig, omdat dit Christene vreeslik skade aandoen.

Mense se hartseer is ‘n werklikheid. En wanneer hulle beproewings erger word in plaas van beter, laat dit hulle kopkrap. Dan, wanneer dinge ‘n laaste, tragiese wending neem, is hulle nog meer verpletter. Nou het hulle nêrens om heen te gaan met hulle gebroke harte nie, omdat God veronderstel was om alles reg te maak. Dit is geen wonder dat soveel gewonde mense vir altyd mank van die kerk af wegloop nie.

As ‘n herder, moet ek vir jou sê: Nie alles werk goed uit nie. Nie alle huwelike hou nie. Nie alle mense herstel volkome van hulle verslawings nie. Ek het sommige mense in ons kerk begrawe wat ek nie gedink het ek sou begrawe nie, insluitend jongmense. Daar is baie redes waarom tragedies plaasvind. My punt is dit: Die wêreld waarin ons lewe en die beproewings was ons beleef, is ‘n werklikheid. En ons het ‘n ware, getroue God nodig wat liefdevol langs ons sal loop terwyl ons deur daardie beproewings gaan.

Is daar ‘n krisis in jou familie? Is dit finansieel? Verhoudinggewys? Emosioneel? God wil hê jy moet weet Hy is met jou – dat Hy sy hand op jou skouer het, sy arms rondom jou, sy krag onder jou om jou te dra deur jou donkerste uur.

My vriend kon bitter geword het. Soveel Christene word bitter wanneer hulle sulke verliese beleef. Hulle dink hulle het alle guns verloor wat hulle ooit gehad het. Maar dit is nie God se manier van dinge doen nie. Hy is nie ‘n God wat soek om goeie dinge van ons af weg te neem nie; Hy soek na maniere om ons te seën. Hy werk alles vir ons ten goede mee, selfs om dit wat weggeneem is te herstel. Toe my vriend se vrou teruggekeer het na ‘n sondige lewenstyl, het sy ‘n keuse gemaak. Daardie keuse was nie God se keuse vir haar nie; dit was haar eie. En dit het haar man seergemaak en haar huwelik vernietig.

Ongeag sy verlammende pyn, het my vriend aan sy geloof vasgehou. Hy het deur daardie ontsettende pynlike beproewing gegaan – en God het sy krag aanhou bou. Sy omstandighede het nie verander nie, maar almal wat hom geken het, het die gevoel gekry sy hart het geleidelik van brons na silwer na goud in God se koninkryk gevorder. Die Here het meer in stoor vir sy lewe gehad – en dit sou slegs kom deur sy spesiale guns.

As daar ooit ‘n kind van God was wat oortuig was hy het God se guns verloor, was dit Dawid.

As daar een Israeliet was wat duidelik God se guns geken het, was dit die verstommende jongman wat gesalf was om Israel se koning te word. Van ‘n jongs af was alles in Dawid se guns: Hy was ‘n magtige kryger wat Koning Saul aan sy sy in die oorlog wou hê. En hy was charismaties: Toe Saul se leërs teruggekeer het van oorwinning af, het die skare meer gejuig oor Dawid as oor die koning. Dawid was aantreklik en talentvol, ‘n musikant wat liedere geskryf het wat God se kinders steeds vandag sing. Alles waaraan hy geraak het was klaarblyklik geseën met God se guns.

Maar iets het verkeerd geloop in Dawid se lewe – trouens, alles het. Dawid se broers was jaloers op hom. En so ook Saul, wat in skielike woedebuie uitgebars en probeer het om Dawid dood te maak. Uiteindelik moes Dawid vlug en in ‘n grot wegkruip in die woestyn. Al daardie gesag – waarom was dit oornag weggeneem?

Ek hoor van baie Christene wat wonder oor dieselfde ding in hulle lewens. Hulle het in God se goddelike guns gelewe vir jare, tot dinge skielik uitmekaargeval het – en nou bevraagteken hulle alles: Het hulle werklik van die Here gehoor? Sal God getrou bly aan hulle? Is dit die moeite werd om aan te hou glo? Dawid se reaksie openbaar alles: “Maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God” (1 Samuel 30:6). Dawid kon toegegee het aan moedeloosheid – maar hy het sy geloof behou.

Vriend, wanneer jou lewe ‘n afwaartse wending inneem en jy bewe in ‘n donker grot, dit is dán wanneer jou karakter gevorm word. Vir Paulus was dit in die tronk; vir Dawid was dit in ‘n grot. Terwyl ek hierdie boodskap voorberei het, het ek Dawid se gebedslewe bestudeer. Glo dit of nie, toe dinge goed gegaan het met Dawid, sê die Bybel nie dat hy gebid het nie. (Dawid het liedere gesing, maar aanbidding is anders as intieme toewyding.) Dit het verander tydens Dawid se krisis. Binne-in die grot, het hy ‘n man van ernstige gebed geword.

Jou donker grot is waar jy uitvind wie jou vriende is.

Die Woord het deur Israel versprei aangaande Dawid se krisis en onwaarskynlike mense het rondom hom vergader. Selfs sy vervreemde broers het gekom om hom te ondersteun. Toe het ‘n groep “magtige helde” opgedaag om hulle lojaliteit aan Dawid te bied. Hierdie soldate wou nie meer strepe op hulle moue hê nie; hulle het gekom omdat hulle hul leier liefgehad het.

Dit alles weerspieël ‘n ontsaglike aspek van God se spesiale guns: Terwyl ons deur ons donker nag gaan, werk Hy daaraan om ons verhoudings te versoen. Ons Here is meer begaan oor ons verhoudingsverliese as wat óns is. En pragtige versoenings soos Dawid s’n sou moontlik nooit plaasgevind het sonder sy krisis nie.

Hierna, sien ons ‘n nuwe geestelike gesag in Dawid se lewe. In 1 Samuel 23, beweeg hy in bonatuurlike krag wat hy nie geken het nie. Dit sou egter nooit gebeur het sonder die goddelike vorming wat kom deur God se spesiale guns nie.

Jou donker seisoen hoef nie te verander voor jy kan weet jy is steeds in God se guns nie. Die meeste van ons bid tot God om ons moeilike omstandighede te verander. Maar as ons die verstommende werk wat Hy in ons doen, geken het, sou ons glad nie wou hê dat dinge moes verander nie – omdat die beste op die punt is om te gebeur.

Onthou jy van my vriend, die aanbiddingsmusikant? Terwyl hy in sy pyn getrou gelewe het, het die Here iemand anders in sy lewe gestuur. Sy is ‘n wonderlike Christen met ‘n pragtige geloof wat op pad was na ‘n top uitvoerende posisie by ‘n firma in New York Stad. “Sy is ver bokant my,” het my vriend my vetroulik vertel terwyl hulle uitgegaan het. Maar sy verloofde het nie so gedink nie. Hulle het getrou, en hy het gevorder en ‘n leier in ‘n groot bediening geword. Hulle is so gelukkig vandag.

My vriend het gedink hy het God se guns verloor – maar dit was glad nie die geval nie.

God het deur sy tragiese verlies gewerk om ‘n seën te beplan wat my vriend nooit van sou kon droom van nie. Hy het omgegee oor my vriend se gesinslewe en het dit herstel, net soos Hy met Dawid gedoen het. En almal rondom hom het hierdie seëning sien vorm aanneem.

Dit is die God wat spesiale guns aan sy kinders betoon. En Hy wil dit aan jou gee in jou krisis. Ek belowe jou: as jy vashou aan jou geloof, sal jy die dieptes van God se liefde ken soos nog nooit tevore nie. En jy sal vind jou lewe verander op wonderlike maniere, gekenmerk deur sy bonatuurlike liefde. Amen!