Konfronteer die Vyande van Geloof

Claude Houde

“Ek [het] die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Want sekere mense het ingesluip ... wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën” (Jude 3-4). Ons moet onderskei, identifiseer, konfronteer en leer om te oorwin en te beskerm teen die vyande van ons geloof.

“Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang” (Hebreërs 11:1-2). Daar is slegs een manier om ‘n goeie getuienis vir Christus te handhaaf en dit is deur die vernuwing en die verdediging van ons geloof. Dink aan hoe die vyand jou geloof wil steel, besoedel en omverwerp. Die Bybel is baie duidelik dat “sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag” (11:6).

Die outeur van Hebreërs gee ‘n ontsaglike woord vir al die jong gelowiges. Daar was duisende van hulle en hulle moes na ouer gelowiges as modelle kyk. “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (13:7-8). Hy sê in wese, “Kyk na hulle wie vir julle die woord van God gebring het en volg hulle gedrag na.”

Diegene van ons wat met die Here wandel en Hom besing, aanbid en Hom getrou sien bly deur al die jare heen, moet voorbeelde, standaarde wees om na te kyk vir diegene wat ná ons kom. Dit is ‘n verstommende en ‘n geëerde verantwoordelikheid. Hulle wat jonger in die geloof is, moet ons lewens navolg en werklik sien hoe ons ons geloof demonstreer dwarsdeur die stryd en pyn wat ons verdra.

Die outeur van Hebreërs sê in wese, “Kyk na hulle en volg hulle voobeeld na!” En Judas sê in wese, “Dit is dringend dat julle ernstig stry vir die geloof, want goddelose manne het ongesiens ingesluip.” Ons leef in die laaste dae van die tyd en ons moet die Heilige Gees toelaat om ons te leer hoe om te leef en ook om daardie dinge te onderskei wat ons sou wegvoer van ons Jesus af en sou veroorsaak dat ons Hom verloën.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met ‘n paar Protestante kerke.

Tags