Kenmerke van die Regverdiges

David Wilkerson (1931-2011)

Toe die profeet Jesaja die koms van Christus en sy koninkryk voorspel het, het hy beskryf hoe Christus se ware bedienaars sou wees. Deur dit te doen, het hy ons bediening in hierdie laaste dae gedefinieer, “Ek wil hê dat julle weet wat die kentekens van die ware kinders van God is, diegene wat sou bedien net voor die Vredevors terugkom om te heers!”

Die profeet begin met hierdie woorde: “Kyk, ‘n koning sal regeer in geregtigheid” (Jesaja 32:1). Dan voeg hy by, “[‘n Man] sal wees soos ‘n toevlug teen die wind en ‘n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in ‘n dor streek, soos die skaduwee van ‘n swaar rots in ‘n land wat versmag” (32:2).

Dit is duidelik dat Jesaja hier van Jesus praat. En Jesaja gaan verder en sê vir ons dat ‘n ware dienskneg van God die algenoegsaamheid van Christus sal verkondig. Trouens, so ‘n gelowige sonder homself af saam met Jesus en vertrou sy Here om sy siel ‘n goed besproeide tuin te maak. Hy leef met ‘n stille vertroue, sy gees is gerus en vol vrede. En hy getuig: “Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte. Hy het my in die wynhuis in gebring, en sy vaandel oor my was die liefde” (Hooglied van Salomo 2:3-4).

Jesaja lig twee dinge uit wat kentekens van die regverdige dienaar is: hy het onderskeiding en hy ken die stem van God duidelik: “Daar sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister” (Jesaja 32:3).

Toe Christus die eerste keer vir Nataniël na Hom toe sien aankom het, het Hy uitgeroep: “Hier is waarlik ‘n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie” (Johannes 1:48). Met ander woorde: “Kyk broeders – hier is ‘n man wat geen skynheilige is nie. Daar is geen onsedelikheid of bedrog in hom nie. Hy is ‘n rein werktuig!”

Toe het Jesus na Nataniël gedraai en gesê, “Voorwaar, Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens” (1:52). Jesus het in wese gesê, “God gaan aanhoudende openbarings vir jou oopmaak.”

Geliefde, net so maak God hierdie verbond met jou en elke bedienaar van die evangelie wie se lewe sonder bedrog is en geen boesemsondes of donker geheime het nie. So ‘n dienskneg ontvang ‘n aanhoudende stroom van openbarings van Christus se heerlikheid. Besluit in jou hart vandag om God na te streef met jou hele hart sodat jy kan aanhou om sy stem te hoor.