Blootgestel aan Slegte Dae

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus is getrou en sorg vir ons deur elke seisoen van ons lewe en Hy het medelye met elke gevoel wat ons het tydens ons moeilike tye. Die apostel Paulus spreek dit aan as hy skryf, “Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie” (2 Korinthiërs 4:7). Die skat waarna Paulus hier verwys, is die kennis en teenwoordigheid van Jesus Christus – en ons het hierdie kosbare skat in ons liggame. Dink net daaraan! Die Griekse woord wat Paulus egter hier vir “erdekruik” gebruik, is “sagte klei” wat beteken, “swak, breek maklik en word maklik versoek.”

Paulus praat van Timótheüs  se “herhaalde ongesteldhede” in 1 Timótheüs 5:23. Die Griekse woord hier vir “ongesteldheid” beteken “siek, sonder krag, swak in liggaam of verstand.” Daar is ander soort ongesteldhede behalwe fisieke ongesteldhede en hulle is net so moeilik om te hanteer. Ongesteldhede van die verstand is waarskynlik die mees wydverspreid – daardie tye wanneer jou gevoelens jou verraai en met jou kop smokkel. Laat my verduidelik.

Jy gaan dalk gelukkig en tevrede bed toe, maar dan word jy egter wakker met ‘n swaar wolk van onheil wat oor jou kop hang. Jy gaan deur die dag neerslagtig en moedeloos sonder dat jy die negatiewe gevoelens kan afskud. Skuldgevoelens, vrees en angs is ook ongesteldhede van die verstand en kan jou teister as gevolg van jou verlede.

So, hoe kan ons vol “kennis en die teenwoordigheid van Jesus” wees en ook blootgestel wees aan slegte dae, gevoelens of mislukking, swakheid, ongesteldhede? Dit is omdat ons steeds in ons fisiese liggame woon, onderworpe aan “ongesteldhede” en allerhande versoekings, beide verstandelik en fisiek.

Dit is ironies dat sommige van ons ergste beproewings mag kom wanneer ons God se Woord ondersoek. Dit is maklik om gefrustreerd te raak wanneer ons na ander kyk en wonder waarom ons skynbaar nie kan triomfeer soos hulle dit blykbaar kan doen nie. Maar jy is nie ongeestelik omdat jy slegte dae beleef nie. Jy is die kind van jou hemelse Vader en Hy stuur die Heilige Gees om jou twyfel te verdryf. Die Woord sê, “Nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Efésiërs 2:9).

Jy kan nie op jou eie teen die vyand stry nie maar jy het hierdie groot skat binne-in jou, so hardloop na jou hemelse Vader. Staan dan stil, met geduld en hoop!