Ons Huidige Vrese

David Wilkerson (1931-2011)

Terwyl die wêreld toenemend gewelddadig, dekadent en onseker word, sukkel party Christene om vrees uit hulle harte te hou. Hulle voel intuïtief dat toestande in die wêreld besig is om te verbrokkel en dat een of ander onheilspellende ramp op die horison loer. As hulle al die verskriklike berigte hoor van wat besig is om in Amerika en in die wêreld te gebeur, sukkel hulle om te rus in die belofte van God se beskermende krag.

Dit is ‘n feit dat maak nie saak hoe regverdig ons mag wees nie en maak nie saak hoe sterk ons geloof is nie, al hierdie verskriklike onsekerhede kan nie anders as om ons menslike emosies te beïnvloed nie. Dit alles is sekerlik nogal skrikwekkend. Maar vir die oorwinnende Christene wie se sondes bedek is met die bloed van Jesus, is daar baie goeie nuus. En as ons ons oë op hierdie goeie nuus nou, dit dag en nag bepeins, sal geen slegte berig ons ooit ontstel nie. Hierdie nuus kan dalk vir jou‘n bietjie bisar wees, maar God se Woord stel dit baie duidelik, “En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel” (Hebreërs 9:27).

Hoe op aarde kan dit goeie nuus wees? Wel, ek is daarvan oortuig dat na net een oomblik in die ewigheid, ons almal sal besef hoe onbelangrik en kortstondig ons huidige vrese en beproewings was. Ons sal ook sien presies hoe die Here met ons was die hele tyd, hoe Hy oor ons gewaak het met sy reddende en beskermende krag. Soos die Skrif getuig, ons lewens hier op aarde is soos gras: een dag is ons hier, ons groei en floreer, en die volgende dag verdwyn ons saam met die seisoen. “Die mense – soos gras is sy dae” (Psalm 103:15).

Ons is soos die wasem van asem wat ons op ‘n ysige dag sien – hier die een oomblik, weg die volgende. “Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn” (Jakobus 4:14).

Broer, suster, juig! Hierdie huidige lewe is nie realiteit nie. Ons realiteit is die ewige lewe in die teenwoordigheid van ons geseënde Here. Behou dus die geloof – want dinge gaan af maar ons gaan op!

Tags