Niks Minder As Ons Alles Nie

David Wilkerson (1931-2011)

Oorgawe van onsself aan God se sorg is ‘n daad van geloof. Dis maklik vir Christene om op ‘n algemene manier te sȇ, “Laat die Here se wil geskied,” maar dit is heeltemal ‘n ander saak om onsself in God se hande oor te gee rakende ‘n spesifieke omstandigheid. In die Bybel, as iemand hierdie lewe van self-oorgawe genader het, was dit met groot erns.

Om bloot die woorde, “Ek vertrou die Here volkome,” te sê, is nie genoeg bewyse dat ons volkome vertroue in Hom het nie. Dit moet ‘n vry en gewillige oorgawe wees. Dink aan Egipte se Farao: Slegs toe hy dit nie meer langer teen God se plae kon uithou nie, het hy oorgegee en Israel toegelaat om op hulle woestynreis na die Beloofde Land te gaan (sien Exodus 12:29-32).

Net so, is daar baie mense wat vandag leef wat slegs sȇ, “Ek gee oor, Ek verbind myself, Ek vertrou,” wanneer hulle sien daar is geen ander uitweg uit hulle situasie is nie. Maar ware oorgawe, die soort wat God behaag, word vrylik en gewillig gedoen voordat ons raadop is. Ons moet in verbond met die Here optree en Hom ‘n blanko tjek gee en Hom dit laat invul.

God sal niks minder nie as ons alles aanvaar. As ons ons lewens halfhartig aan Hom oorgee, met enige soort bedenkinge of huiwering, is ons net so skuldig soos Ananias en Saffira. Hulle het voorgegee om hulle alles vir die Here te gee, maar in werklikheid, het hulle ‘n deel teruggehou en hulle het met hul lewens betaal. (sien Handelinge 5:1-11). Daar kan geen onderhandelinge of beperkinge op ons Here geplaas word nie.

“Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak” (Spreuke 3:5-6). “Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ’n toevlug vir ons” (Psalm 62:9).

Hoewel die psalmdigter sê dat ons te alle tye op God moet vertrou, veroorsaak ons trots dat ons beheer van ons lewens wil behou. Dit is verrassend hoe hardnekkig en moedswillig ons kan wees. Ons oorgawe aan Hom – in ons gedagtes, ons dade, ons begeertes – is ‘n daaglikse, aanhoudende werk.

Ons word herinner, “Die regverdige sal deur die geloof lewe” (Hábakuk 2:4). Hoe gerusstellend om te weet dat as ons in geloof na Hom uitreik, sal ons Meester ons deur al die swaarkry en natuurlike onmoontlikhede dra.