Soek God Met Jou Hele Hart

David Wilkerson (1931-2011)

Enigeen wat opreg die blywende teenwoordigheid van die Here soek, sal dit sekerlik ontvang. “As julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind” (2 Kronieke 15:2). Die Hebreeuse woord hier vir “vind” is “matsa,” wat beteken “sy teenwoordigheid wat na vore kom om ons bekwaam te maak en te seën.” Kortliks, hierdie vers sê, “Soek die Here met jou hele hart en Hy sal na jou kom met sy teenwoordigheid. Trouens, sy teenwoordigheid sal ‘n almagtige krag wees wat van jou lewe uitstraal.”

God maak dit sy genadeverbond met elke gelowige – ‘n verbond wat omvat word in beloftes soos, “Die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom” (Jesaja 53:6). “[Jesus] sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Hebreërs 13:5). Hy maak spesiale beloftes aan diegene wat vasberade is om Hom met hulle hele hart te soek, maar hierdie verbond is streng voorwaardelik.

‘n Naamlose profeet het ‘n boodskap vir Elia, die hoëpriester, wat op daardie stadium afvallig was, gegee. Die Here het Hom teen sonde en kompromie gewaarsku, maar Eli het al God se woorde geïgnoreer. Hierdie profeet het vir Eli gesê, “Daarom spreek die HERE, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees” (1 Samuel 2:30).

Die frase “veragtelik wees” het te doen met die weggaan van God se teenwoordigheid – nie dat die persoon verdoem is nie maar liewer dat hy in die krag van sy eie vlees sal moet lewe. God het in wese vir Eli gesê, “Ek was van plan om jou huis te seën en guns te gee, maar jy het My so verag dat Ek my teenwoordigheid van jou af moet wegneem.”

Baie mense bekeer hulle tot Christus met ‘n aanvanklike opwelling van groot geloof, maar soos die tyd verbygaan, verflou hulle ywer en hulle begin Christus verwaarloos. Hulle neem sy gebooie ligtelik op en keer terug na hulle ou weë. God hou nooit op om hulle lief te hê nie, maar sy teenwoordigheid is nie met hulle in die volheid van wat hulle eens beleef het nie.

God se beloftes sal nooit faal nie. Maar sommige – soos die verbond van sy teenwoordigheid – is absoluut voorwaardelik. Dit vereis meer as slegs ons samewerking. Natuurlik sal God ons nooit verlaat of ophou om ons lief te hê nie. Maar as ons in sonde bly, sal sy teenwoordigheid nie met ons wees nie – en ons lewens sal nie langer ‘n instrument van sy kragtige teenwoordigheid wees nie.

Geliefde, soek Hom met jou hele hart en begeer sy teenwoordigheid in jou daaglikse lewe. Dan sal jy die wonderlike heerlikheid van God ken en beleef.