Die Oorsprong van Ware Aanbidding

David Wilkerson (1931-2011)

Om God se heerlikheid te verstaan, het baie wesenlike, praktiese waarde vir elke ware gelowige. As dit begryp word, kan dit die deur na ‘n oorwinnende lewe oopsluit!

Die heerlikheid van God is ‘n openbaring van ons Here se natuur en wese. Ons weet dat Moses ‘n letterlike kykie na God se heerlikheid gekry het. God het Moses eenkant toe geneem en hom in die skeur van ‘n rots gestel en toe, sê die Skrif, het Hy homself aan Moses in al sy heerlikheid geopenbaar: “En toe die Here by hom verbygaan, het Hy geroep: Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe” (Exodus 34:6-7).

Dikwels as ons dink aan die heerlikheid van God, dink ons aan sy majesteit en grootsheid, sy krag en heerskappy. Maar die manier waarop God wil hê ons moet sy heerlikheid ken, is deur die openbaring van sy groot liefde vir alle mense. Dit is presies wat Hy aan Moses geopenbaar het. Die Here is altyd gereed om vir ons sy liefde te wys, ons te vergewe, ons sy genade te skenk en ons met Homself te versoen!

Hierdie openbaring van God se heerlikheid het kragtige uitwerkings op diegene wat dit ontvang en bid vir begrip daarvan. Met die eerste oopgopslag van God se heerlikheid, was Moses nie meer bang vir die Here nie. In plaas daarvan, was hy gedring om Hom te aanbid: “Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval [aanbid]” (Exodus 34:8). Hy het gesien dat God se natuur een van goedhartigheid en innige barmhartigheid was – volkome liefde!

Ware aanbidding ontstaan uit harte wat oorweldig word deur ‘n visioen van God se onverdiende liefde vir ons. Dit is gebaseer op die openbaring wat God vir ons van Homself gegee het, van sy goedheid, sy genade en sy gretigheid om te vergewe. Dus, as ons God in beide gees en in waarheid moet loof, moet ons aanbidding gebaseer wees op hierdie ontsagwekkende waarheid oor Hom.

As ons God se heerlikheid sien, verander dit die manier waarop ons lewe! Elke nuwe openbaring van sy liefde en genade bring bonatuurlike verandering en maak ons meer soos Hy. Dit verander ook ons verhoudings met ander. “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe” (Efésiërs 4:32). Net soos Paulus toe vir die kerk van Éfese gesê het, is dit op ons van toepassing vandag: Ons het die heerlikheid God van gesien en gesmaak. Laat ons nou ‘n weerspieëling van daardie heerlikheid vir ander wees.