As God Jou Planne Verander

Carter Conlon

Goeie idee’s is nie altyd “God idee’s” nie. Ons sien dit in die lewe van die apostel Paulus: “En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig. En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie” (Handelinge 16:6-7).

Net soos dit met Paulus, ‘n opregte apostel van Christus gegaan het, kan dit met almal van ons gaan. Ons wil dalk na sekere plekke toe gaan en sekere dinge doen en verwag dat God saam met ons gaan. Die pad wat ons dikwels vir onsself kies vir ons lewens, is dalk nie regtig die pad wat God vir ons het nie.

Paulus het ‘n visioen gehad van ‘n man wat hom gesmeek het om na Macedonië te kom en hulle te help (16:9). “En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig” (16:10). So, al het Paulus ander planne gehad, het hy en sy geselskap na Macedonië vertrek. Op pad het hulle ‘n groep vroue, wat vir ‘n biduur vergader het, bedien. Een van hulle was invloedryk in die gemeenskap en “sy en haar huisgesin [is] gedoop” (16:15).

Volgende, het hulle ‘n demoonbesete slawemeisie teëgekom en sy was verlos, maar haar eienaars het Paulus en Silas gegryp en hulle geslaan en in die tronk gegooi (16:22). Dit herinner ons dat ons geen waarborg het dat ons beproewings en probleme sal vryspring nie. Trouens, soms as mens die wil van God gehoorsaam, sal dit ons juis in die moeilikheid bring. Maar God se planne is altyd baie beter as ons eie.

In die tronk, het Paulus en Silas lofliedere tot die Here gesing en teenoor die tronkbewaarder getuig, wat op sy beurt homself bekeer het en saam met sy hele familie gedoop is (16:33). En dink net daaraan, dit alles het begin terwyl Paulus in die nag gebid het en ‘n man aan hom verskyn en gesê het, “Kom en help ons.”

Die krag van God word altyd gevind waar die Gees jou lei. Vandag dring ek by jou aan om die moed te hê om te sê, “Here, ek wil nie bloot vir my eie wil leef nie. Wat wil U hê moet ek doen? Waarheen wil U hê moet ek gaan? Laat u wil in my lewe geskied.” Kyk dan hoe God wonderwerke doen!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.