God se Doel met Jou Skipbreuk

Claude Houde

Tans is jy moontlik in ‘n storm maar aan die ander kant van daardie onstuimige see, is ‘n strand van God se seën en ‘n groter wonderwerk. Ons sien die geheim hiervan in die boek Handelinge as ons na die lewe van die apostel Paulus kyk.

Paulus het niks verkeerd gedoen nie – Koning Agrippa het gesê, “Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie” (Handelinge 26:31) – tog was hy gevange geneem. Toe het “hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan ’n hoofman oor honderd ... met die naam van Július” (27:1) en ten spyte van Paulus se raad om hulle vertrek uit te stel, het hulle na Rome geseil waar Paulus verhoor sou word voor die Keiser. Op pad, het hulle talle storms teëgekom wat hulle erg laat swaarkry het. Gedurende hierdie tyd, het Paulus in hulle midde opgestaan en gesê, “Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip” (26:21-22). ‘n Engel het aan Paulus verskyn en hom verseker dat hulle almal veilig sou wees.

Hoewel hulle op die eiland Malta skipbreuk gely het en hulle skip vernietig was, het niemand gesterf nie, net soos Paulus gesê het. Dit was koud en reënerig en hulle was geboei in ‘n vreemde kultuur met ‘n vreemde taal. Maar hulle was ontvang met ongewone goedhartigheid en was welkom laat voel (sien Handlinge 28:1-2).

‘n Skipbreuk is nooit ‘n aangename belewenis nie, maar God het hierdie gebeurtenis gebruik om sy goedheid te demonstreer en die goeie nuus van Jesus na die eiland te bring. “Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Públius was, in die omgewing van daardie plek ’n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg” (28:7). Die vader van hierdie plaaslike hoogwaardigheidsbekleër was siek en God het Paulus gebruik om hom te genees (28:8). Hierdie demonstrasie van God se liefde en krag het die pad oopgemaak vir ‘n herlewing op die eiland.

Al die pyn en druk wat Paulus op sy reis beleef het, het hom voorberei vir Malta en die wonderwerke wat daar gebeur het. Hy het onder God se soewereiniteit skipbreuk gely! Maar aan die ander kant van daardie skipbreuk, was die bonatuurlike.

Gee jou Malta vandag aan Jesus oor – God het ‘n doel vir jou daar! As jy vashou aan sy beloftes, sal Hy jou gebruik, jou voorberei, jou vorm en verander vir sy heerlikheid.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met ‘n paar Protestante kerke.