Delf Dieper in God se Liefde vir Jou

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid, en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag” (Judas 20-21). Die Bybel is vol met die waarheid van God se liefde maar soms kan ons wonder hoe die Here ons ooit kan liefhê.

Miljoene gelowiges wat die liefde van God gesmaak het, het nog nooit geleer hoe om in die volheid van sy liefde in te gaan nie. Hulle ken die leerstelling van sy liefde – hulle het al dikwels gehoor dat dit verkondig word – maar hulle weet nie wat dit beteken om in sy liefde bewaar te word nie.

Johannes 3:16 sê, “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Die openbaring van God se liefde kom gedeeltelik deur die krag van die Heilige Gees wanneer ons wedergebore word. Dit is ‘n wonderlike oomblik wanneer jy hierdie waarheid begryp en besef, “God het my liefgehad toe ek verlore, geruïneer en ‘n vreemdeling was, en Hy het sy liefde bewys deur sy eie Seun om my onthalwe te offer.”

Na hierdie aanvanklike openbaring, moet Christene leer hoe om bewaar te word in God se liefde. Die Vader het sy kinders lief met dieselfde liefde van Hy vir Jesus, wat aan sy regterhand sit, het. In sy laaste gebed op aarde, het Jesus gesê, “Omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld” (Johannes 17:24). Wat ‘n wonderlike gedagte! Christus was ontsaglik liefgehê deur die Vader voor die skepping – voor enige planeet gevorm was, voor die son, maan of sterre ontstaan het, voor die skepping van die mens.

Toe het Jesus hierdie merkwaardige gebed gebid: “Sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle” (Johannes 17:26). Hy het in wese gesê, “Vader, Ek weet U gaan diegene wat Ek in die liggaam inbring, net so lief hê soos wat U My liefgehad het.” Jy sien, volgens Jesus, is Christus en sy Kerk een in God se oë.

Bewaar jouself in God se groot liefde vir jou en dit sal jou krag wees deur al die dinge wat jy in die lewe beleef.

Tags