‘n Openbaring Groter as ons Lyding

David Wilkerson (1931-2011)

Op een stadium in sy geloofslewe, het die apostel Paulus gesê, “Die Heilige Gees getuig kragtig dat boeie en verdrukkinge op my wag” (sien Handelinge 20:23). Trouens, dwarsdeur Paulus se hele lewe, het sy verdrukkinge nooit opgehou nie. Jy wonder dalk, “Hoe kan dit wees? Die God wat ons dien is almagtig en seëvierend. Hy hoef net ‘n woord te spreek om dit vir ons moontlik te maak om triomferend met geen probleme deur die lewe te gaan. Waarom sou ons hemelse Vader dus toelaat dat sy kinders ly?”

Paulus reageer op so ‘n vraag, “Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid” (2 Korinthiërs 4:17). Paulus sê in wese, “Die lyding waardeur ons op hierdie aarde gaan, is slegs tydelik in vergelyking met die ewigheid.” En op hierdie oomblik, terwyl ons lyding verduur, skep God binne-in ons ‘n openbaring van sy heerlikheid wat vir ewig sal duur.

Paulus het ‘n groot openbaring van Christus gehad, ‘n ontsaglike sterk geloof en ryke geestelike kennis. En dit het alles na hom gekom deur veelvuldige lyding. Keer op keer was hy geslaan, beroof, in die tronk toegesluit, het skipbreuk gely en was selfs deur die duiwel self geslaan en gefrustreer. Hy het geskryf, “Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder” (1 Thessalonicense 2:18).

Paulus het begryp dat in alles wat Hy gely het, het die Heilige Gees hom dinge geleer wat hy op geen ander manier sou geleer het nie. “Ek, Paulus ... verbly ... my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus ... om die woord van God te vervul” (Kolossense 1:23-25). Die apostel sê in wese hier, “God gee vir my iets vir jou deur hierdie beproewing. Hy openbaar aan my ‘n waarheid wat verborge was deur die eeue heen en daardie waarheid is Christus in jou, die hoop van die heerlikheid. Sy krag werk magtig in jou” (sien vers 29).

Hierdie man het sy eie vol, heerlike openbaring van Christus gehad; een van die grootste geheime van Paulus se geestelikheid was sy gereedheid om watter toestand hy ook al in verkeer het, te aanvaar sonder om te kla. Jou huidige situasie kan miskien hel op aarde word en al jou trane tap. Maar as jy getrou is om daarin te bly – as jy God se woord eer, Hom glo vir uithouvermoë – sal Hy jou wonderbaarlik verander in ‘n ware geestelike mens.

Tags