Die Krag om Weer te Gaan

Claude Houde

“En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ’n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne. Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak. En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ’n woord, en my kneg sal gesond word” (Matthew 8:5-9).

Die Skrif gaan verder om te beskryf hoe Jesus Homself verwonder het oor die groot geloof van hierdie man. Trouens, Hy het vir die man gesê dat Hy nog nooit so ‘n groot geloof, so ‘n groot oortuiging en vertroue gesien het nie. Toe het Jesus vir hom gesê, “Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het” (8:13). Die man se dienskneg was genees in dieselfde uur!

In die Ou Testament, sien ons Elia, ‘n man van groot geloof met die deernis van Christus. Daar was ‘n droogte in Israel vir ‘n baie lang tyd, en Elia het tot die Here begin uitroep om reën oor die land te stuur. Hy was so vas oortuig dat God reën sou stuur dat Hy gesê het, “hoor, die gedruis van die reën” (18:41). Toe het Elia vir sy dienskneg gesê, “Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer — sewe maal” (18:43). Die heeltyd het Elia in gebed gestry totdat “’n groot reën ... gekom [het]” (18:45).

Ons gaan deur seisoene van droogte, tye wanneer God sê, “Gaan weer; bid weer; staan weer op; stel weer vry; hê weer lief; vertrou weer; gee weer oor; aanbid weer; prys Hom weer!” Ware geloof vier die reëndruppels voor die oorvloed reën kom.

Jesus het Hom verwonder en verbly oor die geloof van die hoofman oor honderd by Kapernaum. God het Elia se geloof en geduld met ‘n magtige stortreën beloon. Moet dus nie moed verloor met God se beloftes aan jou nie. Vra God vir krag om “weer” te gaan en weer en weer totdat jou antwoord kom.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met ‘n paar Protestante kerke.

Tags