Programme en Planne maar Geen Plek vir Jesus Nie

Gary Wilkerson

In Johannes 2, gaan Jesus die tempel binne vir ‘n daad wat die begin van sy publieke bediening sou aankondig. Wat volgende gebeur, is nogal dramaties:

“En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem. En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit. En Hy het ‘n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer. En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader ‘n handelshuis maak nie. En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer” (Johannes 2:13-17).

Wat Jesus hier doen is, meer as radikaal. Sê vir my, as jy jou bediening sou wou aankondig, sou jy ‘n megakerk binnegaan en begin om tafels om te keer en mense uit te jaag? Jesus was hier van plan om meer as net sy gesag te toon. Hy was besig om te wys dat Hy op die punt was om dinge totaal en al op alle maniere om te keer.

Toe Jesus egter hierdie omwenteling begin het, het Hy meer as die geldwisselaars se handeldrywery omvergewerp. Hy het ‘n godsdienstelsel omgekeer wat vir milleniums op diereoffers vertrou het om God te behaag.  Christus het in wese gesê, “Jou verhouding met die Vader sal nie langer gebaseer word op offers van skape en bokke en duiwe nie. Dit sal gebaseer word op my eens-en-vir-altyd offer vir jou.”

Daardie toneel in die tempel bied ‘n analogie vir ons tyd. Baie gemeentes van vandag is vol geraas en aktiwiteit. Hulle het baie programme aan die gang, van oorsese sendingreise tot lokale uitreike na duisende van die klein gemeenskapsgroepe. Die aanbiddingsdienste kan vol helder ligte, luide klanke en ontsaglike energie wees. Soms daar egter te midde van al hierdie lewendige aktiwiteite iets kernagtig kort: Jesus self.

Ek stel nie voor dat ons begin om tafels boeke in kerkvoorportale om te gooi nie. Maar sonder Christus as die fokus van ons aktiwiteite, is ons kerk dood. Dit maak nie saak hoe hard ons daaraan werk om dinge te doen wat Hom dien en sy Naam verheerlik nie, nie een van ons “offers” kan op hulle eie ware koninkryksresultate lewer nie. Van die buitekant af sal ons gemeente miskien regverdig lyk, maar as ons nie ons fokus op Jesus hou nie, sal ons ‘n kerk vol doodsbeendere wees.

Terwyl Jesus die tafels omgekeer het, het Hy uitgeroep. “Neem daardie dinge hier weg!” (Johannes 2:16). Net so moet ons tempels ook vandag gereinig word van enigiets wat die plek van Sy regmatige heerskappy wegneem. God stuur Jesus sodat ons ontslae kan raak van daardie dinge, om plek te maak vir die dinge waarmee Hy ons wil vul. Hy wil hê dat ons tempel weereens ‘n huis van gebed, geloof en koninkryksoorwinning moet wees.

Tags