Sluit By God se Biddende Kinders Aan

David Wilkerson (1931-2011)

Teen die tyd dat die goddelike profeet, Daniël tagtig jaar oud geword het, het hy twee Babiloniese koning oorleef, Nebukadnésar en sy seun Bélsasar en het toe onder Koning Darius gedien. Daniël was altyd ‘n biddende man en dit het glad nie by hom opgekom om dit rustiger te vat in sy ouderdom nie.

Koning Darius het Daniël tot die hoogste amp in die land bevorder en hom in beheer van regeringsbeleid en opleiding van al die hofaanstellings en intellektuele aangestel: “Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt ... daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel” (Daniël 6:3).

Dit is duidelik dat Daniël ‘n besige profeet was. Niks kon niks Daniël egter weghou van sy gebedstyd nie. Drie keer per dag het hy tyd afgeknyp van al sy verpligtinge, laste en eise as ‘n leier om tyd saam met die Here deur te bring.

Daniël is vir ons ‘n voorbeeld vir ons van hoe belangrik dit is om ‘n biddende leiers te hê. Onthou Daniël was aangestel oor alle ander leiers in die land. Beskou die ontsaglike moeite wat dit Daniël gekos het om homself aan gebed te wy. Hy het immers in die New York Stad van sy tyd gebly – groot, majesteuese, welgestelde Babilon. En hy het in ‘n tyd van geestelike apatie gebly – van dronkenskap, soeke na plesier en gierigheid onder God se kinders.

Gebed kom vir niemand natuurlik nie en dit sluit Daniël in. ‘n Gedissiplineerde gebedstyd is maklik om te begin, maar moeilik om te handhaaf – beide ons vlees en die duiwel sweer daarteen saam. Gebed wat effektief is, kom van die getroue, pligsgetroue dienaar, wat sien hoe sy nasie en kerk dieper in sonde verval en op sy knieë val en God smeek om hulle onthalwe. God begeer ernstig om sy kinders te seën maar as ons gedagtes besmet is met die gees van hierdie wêreld, is ons in geen posisie om sy seën te ontvang nie.

Sal jy deel wees van God se biddende kinders vandag? Indien wel, roep uit tot Hom, “O, Here, wat dit ook al verg, hou my op my knieë. Ek verlang om te sien dat u Gees werk in die harte van mans en vroue!”

Tags