God Sal Jou Nie in Jou Krisis Teleurstel Nie

David Wilkerson (1931-2011)

Hierdie geslag het ongetwyfeld die sonde van ongeloof te ligtelik opgeneem en tans sien ons die tragiese gevolge daarvan. Baie gelowiges ly aan depressie en is onrustig; natuurlik, sal sommige hierdie dinge ly as gevolg van fisieke redes, maar baie ander verduur sulke lyding as gevolg van hulle geestelike toestand – dikwels as gevolg van ongeloof.

Die Here gebruik altyd sterk taal en woorde as Hy na ongeloof onder sy kinders verwys, woorde soos toorn, woede, weersin en Hom versoek. Moses het ‘n punt daarvan gemaak om die jonger geslag Israeliete daaraan te herinner: “Waar jy gesien het hoe die HERE jou God jou gedra het soos ‘n man ‘n seun dra, op die hele pad wat julle getrek het ... En toe die HERE die stem van julle woorde hoor, het Hy toornig geword en gesweer en gesê: Waarlik, geeneen van hierdie manne, hierdie verkeerde geslag, sal die goeie land sien wat Ek met ‘n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie” (Deuteronómium 1:31,34-35).

Kort na die Rooisee kruising, het God Israel beveel om Kanaän met vrymoedigheid binne te gaan en Hy het hulle hierdie kragtige, gerustellende boodskap gegee: “Die HERE jou God het die land aan jou oorgegee; trek op, neem dit in besit ... Die HERE julle God ... sal vir julle stry” (1:21, 29-30). Wat ‘n wonderlike belofte! Maar Israel was onseker oor God se belofte aan hulle en in plaas daarvan om Hom op sy woord te neem, het hulle verspieders na Kanaän gestuur, wat ‘n “slegte berig,” vol ongeloof teruggebring het (sien Numeri 13 en 14). Jy sien, terwyl die verspieders daar was, was hulle deur Satan beïnvloed en het God nie op sy woord geneem nie. Die gevolg was dat hulle na die laer teruggekeer het as instrumente van die duiwel.

God bring al sy kinders by die uiteindelike toets van hulle geloof. Trouens, jy is dalk tans op hierdie plek. Jy het ‘n wonderlike geskiedenis met God en Hy het vir jou sy verbondsbeloftes gegee, maar die duiwel het na jou gekom met leuens en vir jou gesê dat jy dit nie gaan maak nie.

As jy begin het om sulke leuens te aanvaar en glo dat God jou in jou krisis gaan teleurstel, is dit tyd dat jy in God se Woord kyk en dit glo! God het jou nie verlaat om alleen te stry nie, so neem sy hand en loop in die beloofte land in wat Hy vir jou berei het.