God se Deernis vir die Hopelose Hart

David Wilkerson (1931-2011)

Nog ‘n kosbare sendeling het aan ons bediening geskryf insake die bedanking van sy posisie. Hy het verduidelik, “Ek voel of God my in ‘n woestyn gelei het en my toe wapperend in die wind gelos het. Ek het die bediening met uiterste misnoeë verlaat en verbitterd geword. Nou sien ek wat my probleem was. Ek het geen wortels van vertroue laat afgroei tydens my beproewingstyd nie. Toe die beproewings gekom het, het ek nie vertrou op wat ek geweet het oor God se Woord en sy getrouheid nie. Ek het sy belofte vergeet dat Hy my nooit in die steek sou laat nie.”

In Jeremia 20:14-18, het die profeet in ‘n tirade losgebars waarin dit geklink het of hy naby selfmoord was. “Vervloek is die dag waarop ek gebore is ... Waarom het ek tog uit die moederskoot voortgekom om moeite en kommer te sien, sodat my dae in skande verdwyn?”

Miskien voel jy nou soos hulle almal gevoel het. Jy is deur die vyand verinneweer en jy dink, “Ek roep dag en nag, maar my gebede word nie verhoor. Ek kan nie meer so aangaan nie. Ek kan net nie meer nie.” Sommige Christene sal miskien sê dat sulke praatjies teen die Here is en streng bestraffing noodsaak, maar in werklikheid, kan ons net die uiterlike mens beoordeel. God sien egter tot diep in die hart! Hy het Jeremia se innerlike geken en Hy het gekies om nie die wanhopige profeet te bestraf nie.

Dit was asof God gesê het, “Jeremia sal nie opgee nie! Ja, hy blaas stoom af terwyl hy sy verwarring uiter, maar hy glo steeds my Woord. Dit brand in sy siel en hy gaan uit die vuur kom met ‘n geloof wat nie geskud kan word nie. Sy beste dae lê nog voor.”

“Dan word dit in my hart soos ‘n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie [ophou nie]” (Jeremia 20:9).

Jeremia het ‘n tweede asem gekry en skielik was hy vol nuwe lewe. En hy het opgestaan asof hy gesê het, “Wag ‘n bietjie, Satan! Jy kan my nie mislei nie. Die Here het my geroep en ek weet sy Woord is waar en seker.” “Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie” (Deuteronómium 31:6).

Daardie dierbare sendeling het hierdie waarheid aangegryp en jy kan ook! Wat ook al jou spesifieke stryd is, laat God se Woord vandag tot jou hart spreek en vir jou genesing en moed bring.