Om ‘n Lig te Wees in ‘n Donker Wêreld

Gary Wilkerson

In sy sendbrief aan Titus, het Paulus kragtige instruksies vir ons nagelaat in sake Christus se Groot Opdrag om die evangelie te verkondig. Hy het pas die eiland Kreta verlaat waar hy vervolging beleef het, en toe hy vertrek om ander stede te evangeliseer, het hy Titus en ander leiers daar agtergelaat.

Kreta was ‘n goddelose stad wat gewemel het van sensualiteit en die jong leiers se harte het vir hulle gesê om daar weg te gaan. Maar Paulus het hulle beveel om te bly en het verduidelik dat dit om goeie redes was: “Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat” (Titus 1:5). Toe het hy die noodsaaklike, praktiese werking van verlossing in die daaglikse lewens van beide die ouderlinge en die gemeente beklemtoon.

Die dilemma in Kreta stem ooreen met ons s’n vandag. In die laaste paar dekades het Amerika ‘n groot afname in godsdienstige geloof gesien; trouens, ons land se transformasie is dramaties. Ons is nie langer ‘n Christelike samelewing wat na sekularisme beweeg het nie. Ons is nou ‘n sekulêre samelewing wat vinnig na heidendom beweeg.

Die jong leiers in Kreta het daarheen gegaan om ‘n kerk te stig, ouderlinge aan te stel en ‘n Christelike teenwoordigheid te vestig en hulle het dit alles reggekry, maar met groot moeite. Paulus het hulle opgelei en hulle swaarkry erken: “Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike” (Titus 1:12). Waarom sou Paulus hulle in so ‘n donker en goddelose kultuur agterlaat? Om die lewe en die lig van Jesus Christus te verkondig.

God het altyd ‘n oorblyfselvolk in ‘n verdonkerende kultuur. Selfs in die slegste tye, wek Hy gedurig ‘n getuienis van lig op te midde van duisternis. Soos Jesus sê, ons moet sout wees, ‘n verteenwoordiger wat lewe beskerm in ‘n omgewing wat agteruitgaan. “Julle is die sout van die aarde, maar as die sou laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie” (Matthéüs 5:13).

Ons is die mense wat God aangestel het om ligte in ‘n donker plek en tyd te wees. Jy wil dalk nie in ‘n kultuur vol sonde leef soos Amerika s’n of jou kinders grootmaak in ‘n samelewing wat meer en meer teen God uitvaar nie, maar Jesus het ‘n plan vir jou lewe op hierdie tyd en plek. Jy is tans hier om ‘n goddelike rede: om die heerlikheid van God aan hierdie geslag te verkondig.

Tags