As die Kruis Nie Langer Aanloklik is Nie

Carter Conlon

Dit is verbasend hoeveel mense die krag van Christus wil hê, maar nie die pad van Christus nie. Hulle wil nie ‘n Christus volg wat Sy hulpbronne en krag gebruik om ander te help nie. Hulle sal egter gou ontdek dat om Jesus te volg, onvermydelik lei tot ‘n pad van selfopoffering. Dit is by hierdie kruispaaie waar baie mense daarvan afwyk om die Jesus van die Bybel te volg.

Ons sien in die Skrif dat menigtes na Jesus gekom het omdat hulle honger was en Hy brood kon vermeerder. Ander het gekom omdat hulle wou heers en regeer, en hulle het gedink dat Jesus die Romeinse Ryk sou omverwerp. Wat Jesus egter gevra het, was volkome toewyding aan die saak van God wat op die punt was om in sy lewe te ontvou. Hy het vir hulle gesê, “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe” (Johannes 6:63). Met ander woorde, “Wat Ek vir julle sê, sal julle lewe gee, julle dra, julle onderhou en julle bewaar deur die moeilike dae.” Jesus het bygevoeg, “Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai” (6:64)

Toe hulle besef wat dit hulle kon kos, het baie dissipels weggegaan en nie meer met Hom gewandel nie. Ek glo dit is hoe dit sal afspeel in ons dae ook. Wanneer die waarheid van Christus verkondig word, sal baie mense besef dat hulle nie aangesluit het om ‘n verteenwoordiger van God se lewe te midde van ‘n vyandige geslag te wees nie. God vra vir ‘n toewyding wat hulle na ‘n kruis sal neem – en skielik is dit nie meer aanloklik nie.

Die Skrif sê nie dat hierdie mense godsdiens laat vaar het nie; liewer, hulle het Jesus Christus verlaat. Met ander woorde, hulle het teruggekeer na “’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën” (2 Timótheüs 3:5). Hulle het teruggekeer na ‘n gedaante van godsdiens en miskien was hulle selfs yweriger as tevore. Maar dit alles was kragteloos. Hulle het teruggegaan na kragtelose gesange, kragtelose lees en kragtelose gebed – net omdat hulle gekonfronteer was met hoe ‘n lewe van Christus volg werklik moet lyk.

Uiteindelik, word die ware krag van God daarin gevind om die verlorenes te bereik. Wanneer ons vasbeslote is om onsself vir die planne van God en vir die mense rondom ons te gee, sal die Gees van krag in ons lewens realiseer.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Kerk in 1994 en was aangestel as Senior Pastoor in 2001. In Mei 2020 het hy oorgegaan in ‘n voortgesette rol as Algemene Opsiener van Times Square Church, Inc.