Geestelike Seën Misloop

David Wilkerson (1931-2011)

Volgens Paulus, is ons wat in Jesus glo, uit geestelike dood uitgebring en saam met Hom laat sit in die hemelse koninkryk. “Ook toe ons dood was deur die misdade, [het God ons] lewend gemaak saam met Christus – uit genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus” (Efésiërs 2:5-6).

So, waar is hierdie hemele waar ons saam met Jesus sit? Dit is nêrens anders as God se eie troonkamer nie – die troon van genade, die woonplek van die Almagtige. Twee verse later, lees ons hoe ons by hierdie wonderlike plek gebring is: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God” (2:8).

Hierdie troonkamer is die setel van alle mag en heerskappy; dit is die plek waar God oor al die owerhede en magte heers en oor die sake van die mens regeer. Hier in die troonkamer, monitor Hy elke beweging van Satan en ondersoek Hy elke gedagte van die mens.

Christus sit aan die Vader se regterhand. Die Skrif sê vir ons, “Alle dinge het deur hom onstaan” (Johannes 1:3), en “In Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik” (Kolossense 2:9). In Jesus woon al die wysheid en vrede, alle mag en sterkte, alles wat nodig is om ‘n oorwinnende, vrugbare lewe te hê. En aan ons is gegee die toegang tot al die rykdom wat in Christus is.

Paulus sê vir ons in wese, “So seker as wat Christus uit die dood uit opgewek is, so seker is ons saam met Hom opgewek deur die Vader. En so seker as wat Jesus na die troon van heerlikheid geneem is, so seker is ons saam met Hom na dieselfde glorieryke plek geneem. Omdat ons in Hom is, is ons ook daar waar Hy is. Dit is die voorreg van alle gelowiges. Dit beteken ons sit saam met Hom in die hemele waar Hy woon.”

Baie goed bedoelende Christene mis hierdie waarhede. Dit is nie vir hulle moeilik om te glo dat Christus daar is nie, maar hulle mis uit op die geestelike seën wat in die troonkamer gegee word: standvastigheid, krag, rus, toenemende vrede.

Jy kan jou posisie in die hemele saam met Christus inneem en sy seën deur jou laat vloei op ‘n daaglikse basis.

Tags