Die Here is Hier vir Jou

David Wilkerson (1931-2011)

“God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie” (Psalm 46:1). Wat ‘n wonderlike woord – dit is oorweldigend. God sê vir ons, “As gevolg van my Woord, hoef jy nooit weer te vrees nie. Jy kan jy vrede soos ‘n rivier en ‘n hart vol blydskap hê.”

Die Here weet dat ons ernstige behoeftes en probleme het. Ons almal beleef onrus, versoekings, tye van verwarring wat veroorsaak dat ons siele sidder. God se boodskap vir ons hier in Psalm 46 is bedoel vir sulke tye. Van al sy wonderlike beloftes, is Psalm 46 die een boodskap wat ons nodig het om sy vrede soos ‘n rivier te kry.

God het ons belowe, “In jou moeilike tyd – wanneer jy ‘n hardnekkige, immerteenwoordige kwaad beleef – sal Ek jou hulp wees.” Die woord immerteenwoordig beteken altyd daar, altyd beskikbaar, met onbeperkte toegang.” Kortliks, die inwonende teenwoordigheid van die Here is altyd met ons. En as Hy in ons teenwoordig is, dan wil Hy aanhoudende geselskap met ons hê. Hy wil met ons praat, maak nie saak waar ons is nie: by die werk, by familie, by vriende, selfs by ongelowiges.

Die Skrif sê, “Wanneer die teëstander aanstorm soos 'n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop” (Jesaja 59:19, 1983). Dit maak nie saak wat die duiwel teen ons bring nie. God se krag in sy kinders sal altyd groter wees as Satan se aanvalle.

Hierdie vers uit Jesaja verwys eintlik na die vlagdraer wat voor Israel se leër gery het. Die Here het altyd sy mense in die stryd gelei met sy eie magtige vlag. Net so, het God vandag ‘n heerlike hemelse leërskare wat onder sy banier ry, gereed om ons onthalwe sy oorlogsplanne uit te voer.

Hoe help God ons tydens ons swaarkry? Sy hulp kom in die gawe van sy Heilige Gees, wat in ons woon en die Vader se wil in ons lewens bewerkstellig. Paulus sê vir ons weer en weer dat ons liggame die tempel van die Heilige Gees is. Ons is die Here se woning op aarde.

Jy hoef nie een of ander emosie op te werk om van God te hoor nie. Die Here sê, “Ek woon in jou; Ek is hier vir jou, dag en nag.”