‘n Oorwinningskroon

David Wilkerson (1931-2011)

In Psalm 21, het Dawid in wese geskryf: “Here, U stort u seën en goedertierenheid oor my uit nog voor ek daarvoor kan vra. En U bied meer as wat ek ooit kan dink of vra.”

Dawid verwys na wonderlike dinge wat God vir hom gedoen het in die geestelike realm. Dit is iets wat Dawid oorwinning oor sy vyande, verhoring op gebed, seëvierende krag en onuitspreeklike blydskap gegee het. En God het dit alles gedoen nog voor Dawid ooit kon bid, dit van sy hart kon afkry of sy versoek kon bring. Toe Dawid uiteindelik sy hart uitgestort het, het hy ontdek dat God reeds beskik het om sy vyande te verslaan. Dawid se oorwinning was seker nog voor hy ooit naby die slagveld kon kom.

Trouens, toe Dawid Psalm 21 gelees het, het hy van ‘n letterlike stryd gepraat. Hierdie Psalm gaan saam met Psalm 20 en beide verwys na ‘n oorlog wat in 2 Samuel 10 beskryf word waar Israel se vyand, die Ammoniete, Aramese bataljonne gehuur het om teen Dawid oorlog te maak. Dawid se militêre leier, Joab, en ‘n uitverkore leër het die Arameërs met ‘n oorweldigende oorwinning verslaan, en die vyande het vreesbevange gevlug.

Dawid het gejuig en gedink, “Dit is die einde van die Arameërs. Ons leër het hulle ‘n doodskoot toegedien.” Hy het geskryf, “Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete” (Psalm 18:38). Maar die vyand het hergroepeer en begin om ‘n volgende aanval te beplan (sien 2 Samuel 10:15).

Hierdie verhaal handel natuurlik oor meer as Dawid se probleme met die Arameërs. Dit gaan ook oor volgelinge van Christus vandag en ons stryd teen Satan. Dit gaan oor ‘n stryd wat ons gedink het ons het lank gelede oorwin – eens op ‘n tyd toe ons gedink het, “Ek het uiteindelik die oorwinning behaal.”

God gee vir ons die verhaal van Dawid en die Arameërs om aan ons ‘n belangrike les te openbaar. Elke oorwinning wat ons oor die vlees en die duiwel behaal, sal gevolg word deur nog ‘n groter versoeking en aanslag. Satan sal eenvoudig nie moed opgee met sy stryd teen God se kinders nie. Wanneer ons hom verslaan, sal hy sy magte verdubbel en weer reguit na ons toe terugkom.

Dawid het hierdie geloofsverklaring gemaak net voor hy oorlog toe gegaan het: “Op sy [my] hoof sit U ’n kroon van fyn goud” (Psalm 21:4). Die kroon waarvan Dawid hier praat, is ‘n simbool van oorwinning en heerskappy. Dawid het in wese gesê, “Ek gaan oorlog voer en ry op God se belofte aan my – ‘n oorwinningskroon!”

Ontvang die Here se belofte vir jou vandag. Hy sê vir ons, “Hierdie werk word slegs bereik deur geloof in die voltooide werk van die kruis. Dit is reeds deur my volbring, so aanvaar dit deur geloof.”

Tags