Om God te Ken

Gary Wilkerson

Elke geslag Christene moet hulleself toets om te onderskei of hulle opdrag en dade God verheerlik. Ons moet onsself voortdurend afvra, “Dien ons steeds die Here en ons naaste getrou en met selfopoffering? Of het ons afgedwaal na ‘n ‘seën my’ mentaliteit”?

Christus het presies geweet wat in die massas se harte was toe hulle Hom begin volg het. “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet het en versadig geword het” (Johannes 6:26). Waarom verwys Jesus hier na “tekens”? Dink aan wat ‘n teken doen. Dit wys na iets; dit is nie die ding self nie. Wanneer ‘n padteken “Denver 60 Myl” wys, dan weet ons dat ons nog nie in Denver is nie, maar op pad is daarheen. Op dieselfde manier, het Jesus hulle laat verstaan dat die dit nie oor die brood en die vissies gegaan het nie. Dit het net die liefdevolle sorg van die hemelse Vader geopenbaar. Sy wonderwerke is tekens van sy sorg vir ons

Die skare se reaksie het geopenbaar wat in hulle harte was. “[Moses] het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet” (Johannes 6:31). Hulle het Moses se voorbeeld teen Jesus s’n afgespeel. Hulle het sy arm probeer draai, net soos ‘n kind wat na elke ouer toe gaan om te probeer kry wat hy wil hê. Wil ons God in ons midde hê of soek ons net sy voorsiening? Laat ons eerlik wees, dikwels bid ons en wil ons dadelik, vandag, hierdie uur verhoor word. Dit is ongelukkig ‘n eienskap van ons wêreld se “kry alles nou” kultuur. In ‘n geestelike sin, het ons te min van ‘n groot waarde wat die Vernaamste Geslag dierbaar geag het: om te weet dat ons deur geloof uiteindelik groot seëninge sal beleef.

Om God te ken, gaan vir die Christen nie daaroor om “nou geseën” te wees nie. Die Here sal nie aan ons begeertes toegee deur vir ons alles te gee waar en wanneer ons dit wil hê nie. Sy begeerte is om ‘n verhouding met ons te hê – ‘n deurlopende, langtermyn verhouding wat blywende vrugte sal dra. Daarom is sy seëninge nie die einddoel van die verhouding nie; dit is tekens van sy getrouheid en deernis – eienskappe wat almal van ons in ‘n verhouding sou begeer. Christus se wonderwerke was bewyse van daardie wonderlike eienskappe.