Neem Oorwinning in Besit

David Wilkerson (1931-2011)

God terg nie sy kinders nie as Hy belowe, “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Romeine 8:28). En Hy lieg nie as Hy belowe, “Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep ... Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede” (Psalm 34:16,18).

As ons tot God uitroep om genade en hulp, kom die hele hemel in beweging om ons onthalwe. Dit sou ‘n ontsaglike gesig vir menslike oë wees as die Here ons in die geestelike wêreld sou laat insien; om die goeie dinge te sien wat Hy voorberei vir diegene wat Hom aanroep en vertrou.

Maar, wanneer ons oorweldig word deur omstandighede buite ons beheer, draai ons dikwels van ons ware Bron van vrede en oorwinning af weg. Ons haas ons om die laste van ons harte af te kry by vriende, herders, beraders en familielede, terwyl ons oral soek na simpatieke raad in plaas van te vlug na die binnekamer van gebed.

Omdat ons nie geduld het nie; omdat ons leef en optree volgens ons gevoelens; omdat ons vlees nie vertragings kan hanteer nie; omdat ons nie die onsigbare bewyse van die geheime werkinge van God kan sien nie – maak ons soos die Israeliete en draai van Hom af weg om dinge te maak gebeur om ons vlees te behaag.

O, die ongeëwenaarde genade van God – om die mees onwaardige, die swakste van almal te kies – om sy instrumente te wees. God se beloftes aan ons is groot en kosbaar: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet” (1 Korinthiërs 2:9).

God is steeds op die troon en wag vir jou om sy Naam aan te roep, so moenie die majesteit en getrouheid van die liefdevolle Vader ignoreer nie. Die Woord sê vir ons waar die oorwinning lê, so glo en neem dit in besit.