Krag om die Vlees die Oorwin

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar die bloed sal vir julle ’n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie” (Exodus 12:13).  

Die nag van die Pasga, was Joodse gesinne toegesluit in hulle wonings, wagtend om Egipte te verlaat. Die bloed van ‘n onbevlekte lam was gesprinkel oor die deurkosyne van elke huis, volgens die Here se bevel. Hulle was belowe, “Die HERE [sal] by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie” (12:23). Sommige gesinne was dalk bang, terwyl ander gejuig het, maar hulle was ewe veilig en ... onder die bloed.

Die verlossing van Israel uit Egipte is ‘n duidelike tipe van ons verlossing uit sonde en slawerny. “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:11). “As ‘n waarskuwing aan ons” beteken dat ons in hulle stryd ‘n skaduwee van ons huidige stryd met self en sonde kan sien. Hulle Egipte is ons goddelose wêreld.

Die Israeliete was uit Egipte se mag verlos deur die magtige hand van God. “Want deur ’n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei” (Exodus 13:9). Net soos die bloed Israel verwyder het van oordeel, so beveilig die bloed van Jesus ons en sy magtige hand breek die mag van sonde in ons. Ja, sonde woon steeds in maar dit heers nie! Jy is vergewe, maar jy het ook toegang tot die mag om die vlees te oorwin. Dit is so ‘n ontsaglike bemoedigende boodskap in hierdie dae van ontnugtering.

Christus kom haal hulle wat op Hom wag en “sy verskyning liefgehad het” (2 Timótheüs 4:8). Wat ‘n uitsonderlike voorreg om onder diegene te wees wat soos ‘n bruid versier is, in die bloed gewas is en sy koms verwag!