God se Reaksie op die Duiwel se Planne

Carter Conlon

Jesus het eenkeer gesê, “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10).

‘n Konflik, ‘n oorlog in die hemele woed en mense wat in goddeloosheid lewe, word onwetend pionne daarvan. Hulle harte is oop vir die duisternis en hulle begin hulle hande oplig teen dit wat hulle weet die naaste aan die hart van God is.

In die boek Ester, het ‘n man genaamd Haman sy pad in die regering opgewerk tot tweede in bevel. Hy wou hê dat almal moes buig voor sy uitkyk oor hoe die samelewing moes wees. ‘n Sekere groep mense het egter geweier om voor goddeloosheid te buig. Hierdie groep was verteenwoordig deur een man by die poort genaamd Mórdegai, ‘n toegewyde volgeling van God. Haman het hom vererg vir Mórdegai en al die Jode wat hy verteenwoordig het, en hy het die koning oortuig om wette te maak met die uiteindelike doel om hierdie mense uit die samelewing te verwyder.

Met ander woorde, Haman het gedoen wat leiers en die duiwel self probeer het om te doen – om wette in te stel wat God se kinders dreig, skade doen en marginaliseer; asof om te sê, “Ons as ‘n samelewing met ons nuwe orde is beter af sonder hierdie mense.”

So wat is God se reaksie hierop? Die apostel Paulus het in die boek Korinthiërs gesê dat God die swakkes en die dwase en die dinge wat nietig is, gebruik om die dinge wat in hulle eie wysheid en krag staan tot niet te maak (sien 1 Korinthiërs 1:26-28).

In hierdie geval, het God ‘n jong Joodse meisie genaamd Ester in die koning se paleis geplaas. Toe God haar geroep het om in te gaan en vir haar volk voorspraak te maak, was Ester onseker oor haar posisie by die koning omdat hy haar vir dertig dae lank nie in sy teenwoordigheid laat kom nie. Maar ten spyte van haar twyfel, het sy geweet dat sy steeds die bruid van die koning was! Sy was vasbeslote dat maak nie saak wat dit haar kos nie, sy sou watter invloed sy ook al gehad het, gebruik om haar volk te red. God het haar guns gegee en wat die vyand bedoel het as kwaad, het God vir goed omgekeer.

Net soos Ester, het jy meer krag as wat jy besef. Jy is nie net ‘n kantlynspeler in ‘n samelewing wat in duisternis gedompel word nie. Jy is die Bruid van die Koning – die uiteindelike gesag! Halleluja!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.