Die Eindelose Bronne van ons Hemelse Vader

Gary Wilkerson

Dink aan ‘n hemelse bank waar die Heilige Gees gereed is om enige en alle bronne uit die hemel vry te stel. Gelowiges kan na die tellervenster stap en eindelose reserwes van God se genade, krag, geloof en hoop onttrek.

Talle mense in die kerk maak baie deposito’s maar hulle maak nie naastenby so baie onttrekkings nie. In plaas daarvan, nader ons die venster en vra vir ‘n hongerloon. “Here, ek wil U nie pla nie, maar ek wil net ‘n bietjie genade hê om my deur hierdie huidige probleem te kry. As U my net aan die gang kan kry, sal ek die res kan hanteer.” Wat? Hulle wil nie hulle hemelse Vader pla nie? Wel, God wil nie hê dat hulle “die res moet kan hanteer nie,” want Hy wil dit vir hulle doen.

God wil hê dat ons alles by Hom moet deponeer: al ons vrese, gesukkel, sonde en hartseer. En Hy wil hê dat ons van sy onbeperkte bronne, wat in sy kluise gestoor word, moet trek. Hy wil hê ons moet sê, “Here, ek is klaar gevra vir net ‘n klein bietjie geloof om my deur ‘n probleem te dra. Ek het u genade in oorvloed nodig! En ek het meer van u lewe, u asem, u werking in my nodig!”

Die profeet Sagaría het deur die geskiedenis heen na ons dag gekyk toe hy hierdie woorde geskryf het.

“In dié dag sal die Here die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos ‘n hemelse wese, soos die Engel van die Here voor hulle uit!” (Sagaría 12:8).

As gevolg van die werk wat Christus vir ons gedoen het, kan selfs die swakste Christen so sterk wees soos Dawid, Israel se grootste koning. En die sterktste gelowige sal “soos God wees,” wat beteken, soos Christus. Dit klink vreemd, maar in hierdie profesie gee God ons ‘n beeld van die bronne wat Hy aan sy kerk beskikbaar gestel het. Die reserwes van die hemel se bank is bedoel om oor ons uitgestort te word met groot heerlikheid, veral in ons beproewingstye.

Dit maak nie saak hoe groot jou nood is nie, ek moedig jou aan: Gaan na die tellervenster toe en maak ‘n onttrekking. Vra God om jou sy genesende en herstellende krag te gee – en hou dan aan met vra. Hy het ‘n behae in jou geloof en Hy sal getrou wees om sy heerlikheid in jou situasie bekend te maak en die wêreld om jou te verstom.