Omdat Jy Jesus Soek

Carter Conlon

“Halleluja! Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, wat ’n groot welbehae in sy gebooie het. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word” (Psalm 112:1-2).

In hierdie verse verseker die Here ons van die beskerming van die godvrugtiges. Daar is ‘n rede om met God te wandel, ‘n rede om die Bybel te lees en te bid. God sê dat Hy jou kinders sal seën, al is hulle nie meer onder jou dak nie. Begin saam met God wandel, gaan in die binnekamer van gebed in en doen wat die Skrif sê, en jy sal gou besef dat God nie so beperk soos ons is nie. 

“Want hy sal nooit wankel nie; die regverdige sal in ewige gedagtenis wees. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE” (112:6-7). Vir diegene wat die Here soek, sal vryheid van vrees ‘n erfdeel wees. 

Diegene wat reg is met God, sal nie bang wees vir dit wat môre op die nuus kan wees of in die wêreld rondom hulle gebeur nie. Toe Maria Magdalena en Maria, die moeder van Jakobus, ná die kruisiging van Jesus na die graf gegaan het, het daar pas ‘n aardbewing plaasgevind en ‘n engel van die Here het die klip by die ingang van die graf weggerol. Toe dit gebeur, sê die Bybel: “uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword” (Matthéüs 28:4).

Let op wat volgende gebeur het! Die twee Marias het die stem van die engel met hulle gehoor praat, “Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus” (28:5). Ek glo dat dieselfde in ons tyd sal gebeur as mense van vrees bewe terwyl hulle groot rampe op die aarde sien gebeur. Diegene wat gekies het om God te volg, sal kan hoor en glo as die Here met hulle praat: “Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus.”

Ek glo dat elke gelowige op ‘n punt kom waar hy moet besluit om die hele pad met God te gaan, ‘n besluit wat die res van sy lewe beïnvloed. As daar sonde in jou lewe is, raak vinnig daarvan ontslae! In plaas van sonde, kies om vandag te sê: “Ek sal nie verkeerde dinge in my lewe regverdig nie. Deur die genade van God sal ek Hom vertrou vir die krag om hierdie reis met oorwinning te voltooi.”

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Kerk in 1994 en was aangestel as Senior Pastoor in 2001. In Mei 2020 het hy oorgegaan in ‘n voortgesette rol as Algemene Opsiener van Times Square Church, Inc.