Wanneer Christus Na Sy Kerk Toe Kom

Al die Ou Testament profete het die koms van Christus voorspel. Met sy koms, sou Hy heerlike seëninge bring — om die gebrokenes van hart te vertroos, vryheid aan die gevangenes te verkondig, die siekes te genees en ‘n nuwe te kerk bou (sien Jesaja 61:1). Hy sou gee “sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad vir lof vir ‘n verslae gees” (Jesaja 61:3).

Christus het van voor die Skepping af geweet dat ‘n groot skare in Hom sou glo. Menigtes van alle nasies sou gered en gedoop word en na Hom toe stroom tot aan die einde van die tyd. En Jesus het geweet dat Hy gesalfde dienaars moes hê om hierdie groot menigtes te lei. Vyftig dae na sy hemelvaart, het Hy voorsiening gemaak vir hierdie bediening. Met Pinkster het Hy die Heilige Gees uitgestort en beide die skape en die herders geheilig en bemagtig.

Christus het noukeurig aandag gegee aan die uitverkiesing, roeping en sending van sy herders om vir die skape te sorg. Die Bybel sê Petrus, Stefanus en ander soos hulle, was manne “vol van die Heilige Gees en wysheid” (Handelinge 6:3), en “vol van die Heilige Gees en geloof” (Handelinge 11:24). Hierdie dienaars het die wêreld onderstebo gekeer. Hulle het geen persoonlike agenda’s en vleeslike ambisies gehad nie. Hulle was besorg oor een ding: “Is dit die werk van die Heilige Gees? Is dit wat ons doen uit Hom gebore of is alles die werk van die vlees?”

“Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?” (Galásiërs 3:5). Die enigste effektiewe prediking of lering is deur die bediening van die Heilige Gees. Hierdie tipe bediening kom van die Gees alleen, dit vloei uit deur die Gees, die woorde kom van die Gees en dit word alles uitgevoer in die krag van die Gees.

God het ons geroep om dienaars te wees wat “vol van die Heilige Gees en krag” te is.

In die Bovertrek, was die Here die Heilige Gees op die getroues wat daar saamgekom het, uitgestort: “En hulle is almal vervul met die Heilige Gees” (Handelinge 2:4). Op daardie oomblik, het Petrus die kanaal van die Heilige Gees geword en hy het die menigtes in Jerusalem bedien — en dit het hom geskok. Net ‘n paar weke tevore, het Petrus ontken dat hy Jesus ken en terwyl hy gevloek het, het hy verklaar, “Ek ken die man nie.”

Maar Petrus was vergewe en gereinig. En oomblikke later, nadat hy met die Gees vervul was, het Petrus die evangelie aan ‘n menigte van ongelowiges gestaan en verkondig: “Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?” (Handelinge 2:37).

Waarom het die skares op Petrus se preek gereageer? Geen menslike krag is in staat om van sonde te oortuig nie. Slegs die Heilige Gees kan oortuiging bring en veroorsaak dat ‘n persoon om hulp roep. Daardie skares het tot Christus gekom, omdat Petrus deur die krag van die Heilige Gees bedien het. Die Here het die Gees, wat nou deur ‘n hernude, geheiligde werktuig gevloei het, voorsien.

Die apostel Filippus, was ook ‘n man vol van die Heilige Gees en krag. Toe hy na Samaria gegaan het, het hy kragtig in die Gees bedien. Filippus het duiwels op die vlug laat slaan en ‘n hele stad het in beroering gekom. Menigtes was gered en die mense het ‘n groot vuur gemaak waarin hulle duisende jare se waarde in boeke van heksery en die okkult verbrand het. Die beweging was so kragtig, dat Filippus die ander apostels in Jerusalem laat weet het om met die herlewing te kom help. Toe daardie Geesvervulde manne opgedaag het, het die Heilige Gees aangehou val op elkeen op wie God se bedienaars hulle hande gelê het.

Enige man of vrou van God wat vasbeslote is om ‘n woordvoerder van die Heilige Gees te wees, sal deur vuur gelouter word.

Elke soortgelyke dienaar bid, “Kom, Here Jesus, reinig my. Ek wil nie halfhartig lewe nie. Ek wil hê dat my lewe vir U ‘n plesier sal wees. So, reinig my en maak my ‘n werktuig van U eer. Laat die Gees deur my vloei.”

Jesus sal na hierdie dienaars kom as ‘n smelter en reiniger van kosbare metaal. “En Hy sal...reinig en louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid ‘n offer sal bring” (Maleági 3:3). Hierdie “offer” is ons liggame. Ons offer dit aan Hom as ‘n lewende offer, om onderwerp te word aan sy heilige, louterende vuur. Hy blaas die vlam aan totdat dit warm genoeg is om sy doel te bereik en waak dan getrou oor ons, terwyl ons van elke onreinheid gesuiwer word.

Jy mag wonder, “Maar waarom is ons beproewings so erg? Waarom sal ‘n liefdevolle God so ‘n vernietigende, so ‘n ernstige verstandelike en fisiese beproewing toelaat?” Ek glo nie enige van ons pyn of lyding behaag die Here enigsins nie. In werklikheid, dit moet Hom bedroef. Tog weet ons Here presies hoeveel van die vuur ons kan hanteer. En Hy is getrou om ons op sy tyd en genade daar uit te haal.

Ek weet van net een rede vir die intensiteit van ons beproewings op hierdie aarde. En dit is afhanklikheid. Die Here begeer om ‘n vertroue in ons, wat suiwerder is as die suiwerste goud, uit sy louteringsvuur uit te haal. Hy wil hê dat ons ‘n magtige vertroue in Hom besit, sodat dit enige omstandighede sal kan verduur — werksverlies, verlies aan vriende en geliefdes en selfs die dood — om ‘n rein werktuig van sy Gees te wees.

Die beproewings wat so baie van God se heiliges nou ervaar, is nie van die duiwel of selfs van die vlees nie. Dit is die Here self wat hulle liefhet, louter en voorberei om bedienaars van sy Heilige Gees te wees. Hy doen alles wat nodig is om elke onreinheid te verwyder, omdat dit Heilige Gees vervulde getuies — predikers, leraars, herders en lidmate — gaan vereis deur wie sy Gees na ‘n verlore mensdom kan vloei.

Ja, Christus het gesê dat sy kerk sou oorwin, dat die poorte van die doderyk hulle nie sal oorweldig nie (sien Mattheus 16:18). Maar terselfdertyd was Jesus doodernstig daaroor om ‘n laaste-dag leër te hê wat Hom deur elke vuur sal volg. Hy het verklaar, “Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra...Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie” (Johannes 15:2,4).

Om in Christus te bly, beteken om Hom in alle dinge volkome te vertrou.

Om in Christus te bly, beteken algehele vertroue op Hom. Dit is om bestendig in Hom te bly, maak nie saak hoeveel onrus, lyding of pyn ons verduur nie. Dit beteken om in sy Woord te rus, selfs wanneer ons wêreld lyk of dit rondom ons verkrummel.

Vir hierdie soort vertroue om in ons te bloei, laat Hy toe dat ons gesnoei word. Christus vertel vir ons, “As Ek jou net so los om op jou eie te groei, sal jy wild in elke rigting in groei. Of jy sal tevrede wees om glad nie te groei nie. Maar Ek het ‘n plan vir jou. Jy sien, Ek het jou nodig. En ek gaan jou sterk maak, sodat Ek jou vir my heerlikheid kan gebruik. Daarom beteken dit dat Ek moet deel met alles wat in die pad van jou groei staan.”

As jy deur die Here gesnoei word, is dit goeie nuus. Dit beteken dat God gesien het hoe jy daarin groei om te leer om in Hom te bly. Maar Hy het toe besluit dat daar steeds iets in jou was, wat jou groei belemmer het: miskien ‘n saad van twyfel, of ‘n neiging om te vrees. Daarom het Hy begin om jou terug te snoei, om die laaste oorblyfsels van die mees bose wortel-sonde in die mensdom te verwyder: ongeloof.

Jesus het ons ‘n duidelike waarskuwing gegee om in Hom te bly. En sy woorde moet ons harte vasgryp: “As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand” (Johannes 15:6). Sal jy toelaat dat die Heilige Gees jou in al jou beproewings vertroos? Indien nie — as jy vir God kwaad word, as jy nie sy Woord wil glo dat jou beproewings daar is om jou geloof te toets nie, as jy weier om Hom te vertrou om jou uit te red — sal dit veroorsaak dat jy verwelk en verdroog. Jy sal afgesny word van die bron van lewe.

Dit is een van die mees ernstige waarskuwings in die hele Skrif. Dit maak nie saak hoe moeilik, vreemd of diep jou beproewing word nie. Jy kan eenvoudig nie ongeërg daaroor wees nie. Jy mag nie net sê, “Wel, ek hoop ek sal deur dit alles heen aan die geloof kan vashou. Dit sal nie lekker wees as ek sonder vrug hieruit kom nie.” Nee! Jy moet uit jou vurige beproewing kom met ‘n sterker geloof en meer afhanklik van Christus. Jou vertroue in Hom moet uitkom as suiwer goud. Hy sal eenvoudig nie toelaat dat enige onsuiwerheid agterbly nie.

Jesus voeg ‘n belofte by hierdie waarskuwing.

“As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly” (Johannes 15:10). Wat was die bevele wat die Vader vir Jesus gegee het? Hy het vir Hom gesê, “Vertrou My in alles. Doen net wat Ek vir jou sê om te doen en sê net wat Ek vir jou sê om te doen. Doen niks op jou eie nie, maar vertrou op My te alle tye, vir alle dinge.”

Geliefde, daar is slegs een soort dienaar wat bereid is om die Heilige Gees aan ander te bedien. En dit is die een wat vertrou en ten volle afhanklik is. Beskryf dit jou? Het jy ‘n  beproefde en getoetste ervaring? As dit so is, wees seker dat die Gees die vrug van jou beproewing sal gebruik om ander te oortuig en na die kruis te trek.

Miskien gaan jy op hierdie oomblik deur die beproewing van jou lewe. Daar is geen manier waarop jy jou weg daardeur kan werk nie. Jou gebed in hierdie tyd het geword, “O, Here, ek het aan die einde van myself gekom.”

God is besig om jou te snoei, te reinig en te wys: “Daar is net een weg waarop jy in staat sal wees om my in hierdie laaste dae te dien en dit is deur volkome in My te bly. My plan hang daarvan af. Nou mag jy dalk nie in staat wees om enige weg uit jou ellende te sien nie. Maar ek het alles onder beheer. In werklikheid, Ek het jou in my hemelse oefenbaan vir hierdie laaste dae. Jy leer om in My te bly. Vertrou my!”

Hy sal jou deur dit alles sien. En jy sal deur sy goedheid en liefde voorbereid wees vir wat kom.