HY MAAK DIE SWAKKES SO DAPPER SOOS LEEUS

Jim Cymbala

Koning Dawid wou die tempel bou in Jerusalem en ‘n manjifieke gebou vir God oprig, maar die Here het vir hom gesê Hy sou nie die een wees wie dit doen nie. In plaas daarvan, het die Here sy seun Salomo gekies. Al die amptenare van Israel het in Jerusalem bymekaargekom en Dawid het God se plan aangekondig. “En Hy [God] het aan my gesê: Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou” (1 Kronieke 28:6).

God se keuse was duidelik. Dit het maklik gelyk, reg? Dawid het reeds die bouplanne van God self ontvang en het meeste van die nodige boumateriale bymekaar gemaak. Al wat Salomo moes doen, was om te begin. Maar net dáár is gewoonlik die plek van mislukking. Dawid het die uitdaging verstaan wat sy seun sou beleef. Regdeur die hoofstuk sien ons hy moedig Salomo aan: “Wees sterk en voer dit uit”(vs.10). En “Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het” (vs. 20).

Ten spyte van die die feit dat Salomo God se keuse was en dat hy volledige instruksies en al die nodige boumateriale gehad het, moes hy steeds die vrees oorwin wat ons kan verlam tot niksdoen. Die Boodskap, ‘n kontemporêre Bybelvertaling, gee vers 10 aan as, “En tree op!” Niemand sê dat daar nie teëstand of probleme sal wees nie, maar dit is deur die Gees se meedeling van geloof en vrymoedigheid wat veroorsaak dat ons kan dapper wees en vorentoe beweeg met die werk waarvoor God ons geroep het.

God het almal van ons geroep vir iets. Jesus het gesê insake die oomblik waarop Hy weer sal kom: “Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie” (Markus 13:33). Maar weens vrees, het ons nie altyd uitgegaan en opgetree nie.

Die Heilige Gees se krag is groter as ons skaamheid of bedeesdheid en Hy is groter as ons vrees of verwerping of mislukking. Sy krag maak die swakste so dapper soos ‘n leeu (sien Spreuke 28:1).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.