‘N VOLK DEUR GOD BEGEER

Gary Wilkerson

“Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God” (1 Peter 4:17). God wil ‘n suiwer kerk hê sodat ons die volk kan wees wat Hy werklik begeer ons moet wees – rein en onbesmet deur die wêreld. Hy wil ‘n diep werk in ons doen deur ons te louter en ons sensitief te maak vir die heilige, ontsagwekkende God wat ons dien.

Die woord oordeel het meer as een betekenis. Dit kan vertaal word as die toorn van God, wat vir diegene is wat nie die Here gehoorsaam nie, maar die oordeel wat kom na die huis van God is nie die toorn van God nie; liewer, dit is soos ‘n suiweraar se vuur. Dit bring ons by ‘n plek waar ons lewens in lyn is met wat Hy vir ons het.

Die hele vierde hoofstuk van 1 Petrus gee definisie aan die idee van hoe ons lewens kan lyk wanneer die heilige, liefdevolle oordeel van God kom en ons reinig. Hy lei ons na ‘n plek van heiligheid: “Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde” (4:1). Jouself bewapen spreek van in die vuur van die Heilige Gees wandel sodat ons ‘n volk kan wees wat ja sê vir sy planne vir ons.

In 1 Petrus 4:8, sê Petrus ons moet “mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.” Ons sien dat heiligheid nie net dit is wat ons nie doen nie, dit is hoe ons lewe. Die grootste vorm van heiligheid is liefde; trouens, “hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul” (Romeine 13:8).

Heiligheid, die louteringsvuur, die regverdige oordeel van God – al hierdie dinge sal die diepste wese van jou hart aanraak en jou verander. En daardie soort oordeel sal veroorsaak dat jy uitroep, “Here Jesus, kom!”