ONTHOU DIE DEERNIS VAN JESUS

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is moontlik om te sê, “Ek glo God kan die onmoontlike doen,” maar sukkel om die wonderwerke van die Here vir onsself te aanvaar weens ‘n twyfelagtige hart. In Matthéüs kry ons Jesus waar Hy in ‘n boot klim om te vaar na “’n verlate plek alleen” (14:13). Hy het pas ‘n boodskap gekry dat Johannes die Doper onthoof was en Hy was so aangeraak deur die nuus dat Hy dit nodig gevind het om alleen te wees om te bid. Toe die menigtes egter hoor dat Jesus vertrek het, het hulle “Hom van die stede af te voet gevolg” (dieselfde vers).

Duisende mense het van oral af gekom in allerhande fisieke toestande. Die siekes was na Hom gedra op draagbare of op wiele in tuisgemaakte waentjies. Blinde mans en vroue was gelei deur die skare en die kreupeles het gehink op tydelike kieries en krukke. Hulle het almal een oorheersende doel gehad: om naby aan Jesus te kom en ‘n genesende aanraking te kry!

En wat was Christus se reaksie op hierdie ongelooflike toneel? “En toe...het Hy...innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak” (Matthéüs 14:14). En toe, aan die einde van daardie wonderlike dag en nadat Hy al daardie wonderwerke gedoen het, het Jesus besluit om die groot skare kos te gee (sien Matthéüs 14:16-21).

Later, op die seilboot na Dalmanútta, was die dissipels moeg van hulle lang dag en het begin om te stry omdat hulle net een brood tussen hulle gehad het (sien Markus 8:14). Verbeel jou! Petrus, Jakobus, Johannes en die ander was bekommerd oor brood nadat hulle pas gekom het van die grootste brood-voeding in die geskiedenis! Jesus kon dit nie glo nie en het hulle bestraf, “Hoe verstaan julle dan nie?” (8:21).

Hierdie boodskap is vir almal wat op die randjie van uitputting is en oorweldig word deur jou huidige situasie. Jy is ‘n getroue dienskneg, gee ander kos, vol vertroue dat God die onmoontlike vir sy kinders kan doen, maar jy huisves dralende vertwyfelinge oor sy gewilligheid om in jou eie stryd toe te tree.

Die Heilige Gees roep jou om die deernis van Jesus te onthou, die oorvloed van die brood en die vissies te onthou en te weet dat Hy nie wil hê dat een van julle moet beswyk nie.