‘N LEUEN GLO

David Wilkerson (1931-2011)

As jy na jou lewe kyk, is jy moedeloos oor mislukte verwagtinge? Jy het dalk jarelank gebid, maar die dinge waarvoor jy God geglo het, is nog nie vervul nie. Die vyand mag dalk fluister, “Jy is glad nie effektief nie; trouens, jou lewe maak geen verskil in die wêreld nie.”

As jy sulke gevoelens het, skep moed, want jy is in goeie geselskap. Baie groot dienaars van God dwarsdeur die geskiedenis het op die ou end gevoel hulle het misluk in hulle roeping. Toe die profeet Elia na sy lewe gekyk het, het hy so ‘n mislukking gevoel dat jy uitgeroep het, “Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie” (1 Konings 19:4). Hy het gevoel of alles wat hy ooit vir die Here gedoen het, tevergeefs was.

Koning Dawid het so moedeloos geword oor wat hy geglo het ‘n vermorsing was van die salwing op sy lewe, dat hy net wou wegvlieg soos ‘n voël na ‘n afgesonderde plek: “Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!” (Psalm 55:7).

Selfs die groot apostel Paulus het van vrees gesidder by die gedagte dat hy sy lewe vermors het as ‘n nuttelose arbeider. Hy het vir die Galásiërs geskryf, “Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het” (Galásiërs 4:11).

Geliefde, die duiwel lieg vir jou en sê alles wat jy gedoen het, is tevergeefs. Ons weet uit Jesaja dat die Here jou stryd ken omdat Hy dit voor jou gestry het. Maar Jesus het vir ons die weg uit so ‘n teleurstelling aangetoon met sy stelling: “Tevergeefs het Ek My vermoei...Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God” (Isaiah 49:4).

Moenie luister na die vyand se leuens nie; in plaas daarvan, rus in die Heilige Gees, glo Hom om die werk te vervul om jou meer soos Christus te maak. Rig jou op en staan op hierdie woord: “Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie” (1 Corinthians 15:58).