‘N TOENAME VAN GOD SE TEENWOORDIGHEID

David Wilkerson (1931-2011)

God doen ‘n nuwe ding in sy kerk vandag. Hierdie groot werk van die Gees kan nie gevind word op net een plek nie. Dit gebeur wêreldwyd, maar jy hoef nie ver te reis om dit te beleef nie. Trouens, God se “nuwe ding” kan so naby soos ‘n nabygeleë kerk wees.

God is besig om bedienaars en mense op te rig wat sy ware seën in besit sal neem. Hierdie seën is deur die hedendaagse kerk verkeerdelik voorgestel en besoedel, en nou begeer die Here om dit te vernuwe vir die mense wat Hy daaruit roep. God vir Moses gesê dat daar slegs een formule vir sy seën is (sien Númeri 6:22-27) en ander metodes van seën is onaanvaarbaar vir Hom. Die seën wat Hy aan Moses beskryf, is drieledig:

  • “Die HERE sal jou seën en jou behoed” (Númeri 6:24). Dit spreek van die bewarende krag van Christus. Dit is die begin van alle seëninge: die wete dat ons bewaar word deur Christus self. God se laaste-dag kinders sal sy verbondsbeloftes in besit neem om hulle ‘n nuwe hart te gee, ‘n heilige vrees.
  • “Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees” (6:25). Dit beskryf ‘n kerk met ‘n rein gewete, nie ‘n toegeskroeide een nie. God kan immers nie sy “aangesig” vir jou wys nie – dit is, die heerlikheid van sy genade – todat jy veilig is in Hom. Dit impliseer genade; jy is nie langer ‘n vreemdeling vir God nie, maar begenadig in sy oë.
  • “Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee” (6:26). Dit spreek van ‘n toename van God se teenwoordigheid. Dit is ‘n kenmerk van die nuwe ding wat God doen: ‘n volk neergeboë voor Hom wat God se aanraking van liefde en versekering ontvang. Daardie intieme aanraking hou hulle neergeboë in gebed. En hulle hoor sy stem duidelik. Die heeltyd word ‘n rein bediening in hulle gebore.

Dienaars wat in God se teenwoordigheid was, is nie rusteloos of gedrewe nie. Hulle het ‘n groot vrede, en weens daardie vrede, dra hulle die beeld van Christus. Hoe wonderlik om te weet dat ons vrylik sy teenwoordigheid kan binnegaan.