DIE HERE KOESTER SY KERK

David Wilkerson (1931-2011)

Job vra, “Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee? En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?” (Job 7:17-18, my beklemtoning).

Hebreërs 12:1 sê vir ons dat die wêreld omring is deur ‘n wolk van getuies wat saam met Christus in die hemel is. Waarvan getuig hierdie wolk – en vir wie is hulle getuienis bedoel? Hulle praat met ons geslag, deur hulle lewens en hulle woorde soos opgeteken in die Skrif. Ek glo hulle sal drie dinge vir ons sê:

  1. Hulle is getuies dat God se hart steeds daarop ingestel is om hierdie verlore wêreld te red. God is steeds aan die werk, stort sy Gees uit op alles vlees en bearbei manne en vroue in elke land.
  2. God’s se hart is steeds ingestel om sy kerk lief te hê en te bewaar. Selfs met algemene geloofsversaking en afvallighede, koester die Here sy Liggaam.
  3. God se hart is steeds ingestel op elke kind van Hom. Die Here sal nooit ‘n enkele dienaar van Hom agterlaat nie. Die Skrif sê vir ons, “Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed” (1 Petrus 3:12).

Die apostel Petrus is tussen hierdie wolk van getuienis en hy verstaan waarom God so geduldig is. Hy het Jesus gevloek en gesweer hy het Hom nooit geken nie. Petrus sou sê dat God sy oordeel van hierdie geslag weerhou, selfs al is daar menigtes wat Hom steeds vloek en verloën net soos hy gedoen het.

Die apostel Paulus is ook tussen hierdie wolk van getuies en hy getuig van God se onbeperkte liefde. Paulus het die Naam van Christus gevloek – hy was ‘n terroris, en het God se kinders vervolg en hulle weggesleep om in tronke te gooi of dood te maak. Maar hy het dit alles in onkunde gedoen. Paulus sou vir ons sê dat God geduldig is met hierdie huidige geslag omdat daar baie is wat in onkunde sondig, net soos hy gedoen het. Hulle was nog nie blootgestel aan die evangelie boodskap nie.

Hoe gerusstellend om te weet dat God se oë altyd op ons is en sy hart daarop ingestel is om elke kind van Hom lief te hê.