IS JY BESKIKBAAR OM DEUR GOD GEBRUIK TE WORD?

Nicky Cruz

Hoeveel van ons verstaan werklik wat dit beteken om deur die Gees van God te wandel, om met die passie van Jesus te leef, om God te vertrou met ‘n geloof wat ru en eg en kragtig is? ‘n Geloof wat geen perke ken en niks vrees nie? ‘n Geloof wat die duiwel in die oë kan kyk en sê, “Jy mag nie verder gaan nie! Jy het geen beheer oor my meer nie! Jy is swak en blootgestel en kragteloos!” ‘n Geloof wat enige berg kan beweeg, maak nie saak hoe hoog of breed of moeilik nie. Dit is die geloof wat God egter vereis van diegene wat sy krag wil beleef. Dit is die enigste ding wat die ware krag en gesag van die Heilige Gees kan aktiveer in lewens.

As jy die wêreld wil verander, begin om God toe te laat om jou te verander. Deur die passie van Jesus jou passie te laat word. Deur die Heilige Gees jou Leidsman en Raadsman te laat wees elke tree, elke minuut van elke dag. Deur God toe te laat om jou hart aan die brand te steek vir Hom.

As gelowiges, is ons ‘n gawe gegee groter as waaraan ons ooit kon dink of vra voor. Aan ons is toevertrou die kragtigste seën wat ons kon ontvang – die gawe van die Heilige Gees. God se Gees! Hy leef binne-in ons, rig ons, lei ons, bemagtig ons vir groot en kragtige dinge. En Hy vul ons met geloof.

Een van die belangrikste dinge oor Jesus volg, is dat jy nie ryk of beroemd of ‘n groot spreker of evangelis hoef te wees om in geloof te wandel en ‘n impak op die wêreld te maak nie. Jy moet net gewillig wees om toe te laat dat God jou gebruik. Jy moet net beskikbaar wees wanneer God ‘n dienaar nodig het om ‘n ander mens te onderrig of aan te raak of te help in sy Naam. Jy moet net daar wees. En hoe bemoedigend is dit om te weet dat enigeen van ons dit kan doen.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.