GOD GEBRUIK DIE ONVOLMAAKTES

Jim Cymbala

Snaaks genoeg, God hou daarvan om die mees onwaarskynlike, ongeleerde, en onvolmaakte mense te gebruik om verstommende dinge te doen. Moses het ‘n man doodgemaak voor hy self Israel se verlosser geword het, Koning Dawid se familie het hom slegs as die skaapwagter gestuur, en die apostel Petrus was ‘n visserman met geen formele godsdienstige opleiding nie.

“Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie” (1 Korinthiërs 1:26-29).

Let op dat daardie woorde geskryf was aan ‘n gemeente gelowiges in Jesus, nie aan die bedienaars nie. Indien jy onbekwaam en ongeleerd voel wanneer die Gees roep, onthou asseblief dat dit die manier is waarop God gewoonlik werk sodat Hy gewaarborg sal wees om al die eer te kry.

Laat ons vir ‘n oomblik kyk na Paulus. Hy was Joods, opgelei as ‘n Fariseër, en ‘n kenner in Ou Testament lering. Niemand was beter toegerus om die goeie nuus na die Joodse volk te neem nie, maar dit is nie waar God Paulus geplaas het nie. In plaas daarvan, het Hy hom gebruik om die evangelie onder die heidene te versprei!

Toe God se Gees beweeg het, is sy doel geopenbaar en bereik op maniere waar op geen komitee, persoonlikheidstoets, of rekenaarprogram ooit kon vermag nie. Christus het nie op die kruis gesterf sodat ons ons tyd as Christene kon deurbring op aarde deur bloot te sit en wag dat Jesus terugkom nie. Jesus het gesê, “Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min” (Matthéüs 9:37). Jesus het gesê daar is ‘n terkort aan werkers, maar die eintlike werk sal gedoen word deur God se Gees deur jou en my wat dinge doen ver bo ons wildse drome. Dit alles begin wanneer jy jouself beskikbaar stel om te dien.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.