DIE GEVAAR VAN WÊRELDSHEID

David Wilkerson (1931-2011)

Baie stemme in die kerk vandag sê Christene moet ‘n nuwe soort liefde betoon. Hulle praat van ‘n liefde waarin Bybelse waarheid saam met die tye moet verander. Volgens hulle evangelie, is geen persoonlike veranderinge nodig wanneer mense Christus aanvaar nie. Trouens, geen bekering is nodig nie. Liewer, die doel daarvan om hierdie evangelie te bied, is bloot om enige ander hindernis af te breek wat beskou kan word as ‘n struikelblok vir ‘n mens om Christus te aanvaar.

Is dit moontlik dat ons as Christene toegelaat het dat die volheid van Christus se lig gedeeltelik verduister word? Jesus het gewaarsku oor die gevaar daarvan as ons toelaat dat ons lig duisternis word. “Nog ’n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie” (Johannes 12:35). Volgens Jesus, veroorsaak enige begeerte na wêreldse aanvaarding dat ons lig verduister.

Jy kan maklik aanvaarding in die wêreld vind. Mense sal jou ‘n vriend noem, jou bewonder, selfs liefhê vir die manier waarop jy die evangelie verkondig. Hoe? Dit gebeur wanneer jy toelaat dat die weë van die wêreld jou siel binnedring. Jy kan die skande van Christus afgooi, jouself oortuig dat jy met die duisternis kan meng en steeds ‘n lig vir die wêreld wees. Maar dit werk nie so nie!

By die Laaste Pasga, het Christus vir sy dissipels gesê, “’n Nuwe gebod gee Ek julle” (Johannes 13:34). Hierdie nuwe gebod was nie oor metodes van evangelisasie nie. Hy het reeds vir hulle gesê hulle moes die hele wye wêreld ingaan en die evangelie verkondig met die versekering hulle sou die Heilig Gees se hulp nodig hê om daardie gebod te vervul. So wat was hierdie nuwe gebod? Jesus het vir hulle gesê, “Soos Ek julle liefgehad het...moet julle ook mekaar liefhê” (13:34).

“Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (13:35). Ons liefde vir mekaar in die kerk moet gedemonstreer word in ons dade; slegs liefde in aksie sal die aandag van ‘n verlore geslag kry. Ek moedig jou aan om die Here te vra vir ‘n doping van liefde sodat hy jou Christen broers en suster kan bedien en ook ander na Hom toe bring.